NUWEJAAR
Nuwejaar nog ‘n rondte om nog ‘n lange jaar verby eer ons weer wegspring vlugtig omdraai pad betrag werk en weë te weeg en meet © Barbara Smit –23/01/2019
Watse vark is jy?!?
Otjie, potjie vette vark, werk in die tuin met ‘n langsteel hark. Hy hark en hy hark tot die steeltjie breek en woeps in Otjie se magie steek. Die jaar van die Vark val tussen 5 Februarie 2019 en 24 Januarie 2020. 2019 word beskou as die jaar van die Vroulike Aard Vark. Bruin word […]
Asië vier Nuwejaar
Oral ter wêreld word die Chinese Nuwejaar op die tweede nuwemaan (donkermaan) na die langste dag van die jaar (of die kortste dag as jy in die noordelike halfrond is) gevier. Dit val tussen 20 Januarie en 20 Februarie. Die Chinese Nuwejaar staan ook bekend as die Lentefees of Maannuwejaar en is ʼn baie belangrike […]
Tanka – 2
‘n Nagtegaal sing tula-tula mymering wat syg deur die nag tot opgewekte voorspraak vir die nuwe jaar se koms (c) Erika (Silwer)
Woestyndrome
Ons het voetspore in die woestyn laat versand Die woestyn’t drome in my hart agtergelaat; ek wil sandkastele bou.
VESTING
vesting rondom ons nét as ons wíl hande vat een stem uit een hart ‘n loflied wat bergvas staan vaandel rondom ons gespan © Barbara Smit –19/01/2019
tanka 1
(goud) Overstrande groet die jaar met fynbosbrande, dae vuur en vlam en nagte hyg na asem – versmoor in rook, roet en as © Carma Shaw 21 Januarie 2019 4:47
Hoogtyd
In my is ‘n bom tiek-tak-tiek-tok so loop hy vandag klop hy sag maar in hierdie nuwe jaar hermens ek myself. © 2019 Caren Kearley Kopiereg voorbehou
PIET BESWAARD HOU NUWEJAAR
Vir ou Piet Beswaard was dit nie ‘n maklike jaar nie, hoor. As daar ‘n ding verkeerd kon loop met iemand, dan het dit met ou Beswaard gebeur. Vat nou maar die keer toe daai swendelaar hier in die dorp kom lol het. Almal het deur sy plannetjies gesien, net nie onse Pieta nie. Nee, […]
Hoop 2019 (Brons)
Druisende wit skuim, stort oor geskroeide graniet ewige siklus soos ou-ou tyd – nooit nuut nie vloei in riviere van hoop. © CJ Laing – 18/01/2019