Oujaar
As nagkole knak met sagte tussenposes, oë vlamme kaats, en krieke roep van liefde, vergeet ons van die jaartal.
Tanka 2
(goud) immer edeltin en bruis die oseane, baar kraakvars branders wat die nuwe dae groet – soutwater word vonkelwyn © Carma Shaw 28 Januarie 2019 4:52
Nuwe Jaar Tanka
‘n Nuwe begin wanneer die horison kleur in wonder ontwaak versprei die son se strale ‘n nuwe jaar wat ontvou
weer teen fracking 2019 (Tanka) (Silwer)
perkamentbarste verpoeier die bar Karoo ’n boorpunt klief rots en water spuit genade – vars fontein van trane, hoop © Charleine Collins 28 Januarie 2019 Foto: Rocco Erasmus (wateraanwyser – Graaff-Reinet) © Januarie 2019
Innerlike Groei
Dalk is ons takke van dieselfde reuse boom, wat dikwels veg teen en met ons oer-ou-wortels. Groei ons na ons binne-lig.
Tanka Nuwejaar 1 – goud
stadig breek die dag die son baar ‘n nuwe jaar nuwe lewensweë mag somerson se skynsel ‘n blos op jou wange los
Nuwejaars Tanka
nuwe jaar baljaar sweef met genade skoonheid van vurige blaar drifting dansend deur die wind ontvlam hoop gloeiend vuurwarm ©Jessica Venter 26/1/2019
Die “Nuwejaarsvieringe”
Nuwejaarsvieringe skop af met ‘n heerlike dans, die onlosbare deel van die pret. Dan ‘n lekker braai, of net ‘n heerlike aandete saam ‘n groepie vriende by die huis. Om middernag het ons mekaar omhels, gesoen en ‘n gelukkige Nuwejaar toegewens! Ons gil van blydskap, deel seënwense en soene uit en hoor konstant klap geluide.Almal, […]
Tanka – 3
ontwortel my stem uit dié brakland se boesem, verwoord my drome teen ‘n hemelkroon van glas – dat ek opnuut wéér kan sien ©Erika Viljoen (Silwer) Prent: Cyril Rolando
Middernag
Middernag in hierdie uur waar einde raak aan weer begin sien ek kersies brand die rye vlamme voor my veel minder as die agter © Barbara Smit –23/01/2019