Laaste korreltjie sand
Gaan ons suksesvol die eindstreep haal? As die sandglasie se laaste korreltjie sand deurval. Al die dae van jou lewe het jy vrugte gedrae? Soveel lesse, soveel antwoorde en vrae. Hoeveel keer het jy geval, opgestaan en weer probeer? Voor die laaste korreltjie verdwyn en jou gees nie langer kan bly. Was ons lewe die […]
Nuttelose uurglas
kompasloos, rigtingloos val elke dag se somer met bitterwit verlange wat verblindend brand as versteende uurglassand druppend na benede meng nugter denke en seer verlies van stamelende verwonding van dit wat moes wees in my wêreld waar soveel skadu’s hurk so sparteldra ek daagliks (met verswakte vlerke) my littekens deur die ure en meëdoenlose lugleegtes […]
Versteende treë van tyd
waar sand deur die sif van jou uurglaslewe val skuur dit flenters oop van diep onthou en kom vou soos vlermuismantels wat wenteldraai – om en om die gedagtes en drogbeelde wat in leë rame van my denke hang dan kom my voete sleepvoet in skuifelgang om iewers diep wegloopgedagtes vas te vang kom spartel […]
Februarie 2019 – Projek (TYD)
Beste INKers Ons is al voorwaar weer in die 2de maand van 2019, en dit wil blyk asof tyd vir niemand stilstaan nie. Ons gaan dus die “uurglas” as tema in hierdie maand se projek aanpak. DIGTERS: Skryf ‘n gedig met uurglas as tema. REËLS VIR DIE GEDIG: 1. Geen rym voorskrifte nie 2. Die […]
Tanka 3
(Brons) op Nuwejaar se drumpel talm ek huiwerig skugter grootoog bang hoor ek nuwe drome lag sien nuwe beloftes wink ©Marlene Erasmus 31/01/2019
Tanka 2
(Brons) Tanka 2 tik-tok tik-tok stop Oujaar stap afdraend af tik-tok tik-tok klop Nuwejaar aan die voordeur op ooste se horison ©Marlene Erasmus 31/01/2019
Tanka 1
(Brons) Tanka 1 sleepvoet stap Oujaar gistergebeure lê nou vêr in verlede Nuwejaar knipoog vir ons sluimerend vol beloftes ©Marlene Erasmus 31/01/2019
Nuwejaar, net nog ‘n datum
Nee, ûh-ûh. Hierdie gewoonte van die mens om nuwe jaar met ʼn groot lawaai en dikwels ooglopende dronkenskap in te rumoer, is en bly vir my onverstaanbaar. As gesin het ons ook in die kinders se grootword jare ʼn handvol klappers gekoop om hulle te vermaak en niks daarmee verkeerd gesien nie. Vandag laat ek […]
Tanka 3
(goud) sy nuwejaarsbruid (in rookvaal sluiers gehul) strooi asgewade oor Leeukop se fynboswang – swart roet haar soen van verraad © Carma Shaw 29 Januarie 2019 4:08
Veilige hawe
Die jaar van die vark. Kyk, op ‘n pitboel se lyf is daar geen bang haar nie. Hulle skrik vir niks. Of liewer, dit wil so voorkom. Sky is ‘n bul van ‘n pitboel. Sy gespierde lyf bult op plekke waar daar nie bulte kan wees nie. Sky is my waghond. My beste vriend. Dis […]