Vlugteling
presies 5:30 am word sy wakker die lewe bloei deur haar are sy sit die ketel aan, ook die wasmasjien maak ham en kaas toebies vir skool dek die tafel vir ontbyt maak die kinders wakker en vat vir pappa koffie in die bed maar in haar kop is ‘n kannibaal; ‘n wegloop hond huil […]
31 Desember 2018
(goud) Sy is lief die berg, sê sy – die see, die lug, die blou, die meeue wat teen storms beur, die reuse vlieërs – bont seile in die wind. Sy sit dikwels op haar bankie; kyk na die skepe in die baai. Kom skemer skyn hul dowwe liggies deur die mis. Haar oë […]
Slot
Stomp, die dolk wat klief deur die rou wond van ‘n gekweste siel draai, dryf, druk dieper die lem tot waar etter vlak onder ou letsel lê. Sweersels verwyt verswelg die lug met beskuldiging. Die jy en jy; die ek se pyn – Joune en myne! Eindelaas hang slap hande langs ‘n lam lyf, en […]
’n Klein verhaal van groot tragiek
(Goud) Êrens in die Vrystaat oor vlaktes vol verlatenheid lê ’n ou seisoen se pluimsaad en wag (vergeefs) dat dit moet reën. En midde die verskroeide somer staan ’n windpomp (onvoltooid) naas ’n sinkdam sonder water – ’n tafereel in ’n slotverhaal. Die aarde kraak haar lippe oop, skreeu stil dié groot tragiek: droogte ken […]
Verslaan
trap saggies op my hart, ‘dat ek die nag se omhelsing vir nóg ‘n oomblik kan ontwyk en vir oulaas weer, my lot by jou bepleit want daar waar ék moet gaan – het die sterre reeds verskiet en weerkaats die maan die donkerste seer, wat als verslaan tot stom verdriet
DAAR IS ‘N DOEL
DAAR IS ‘N DOEL daar is altyd ‘n doel jy sal gou weer beter voel probleme is maar altyd daar al gaan dit ook bitter swaar ons sal altyd daardeur werk dit maak ons net beter en sterk duiwelvyand wat so kan lieg ons moet eerder bieg hy is net soos ‘n dief behandel die […]
NAG VAN VREES
NAG VAN VREES Nag van vrees sal ek nooit vergeet my lewe was in ‘n stywe greep toegesluit soos in ‘n kluis drie skelms is nou in my huis net hier in my pikdonker gang wag ek in angs soos ‘n bakkop slang gaan hulle my vermoor of vang ek was so bitter bang sweet […]
MY BESTE TYD
MY BESTE TYD My beste tyd in my lewe my passie waarna ek strewe so hard gewerk in die proses eie digbundel met groot sukses al my drome en gebeure my lewe in helder kleure met groot geopende deure dis die beste tyd in my lewe hierdie boek is my begin met mooi gedigte daarin […]
Bitternag
Ondier, ondier my ding die mislug skitter hemelhoog die sekelmaan spook oor die berge jy sit saam met Elia onder die besembos en kla oor te veel van genoeg en te min van te veel ek strek my hand na die nag en pluk die blinkste ster vir jou met kleure en klanke geur ek […]
Hand aan hand
Voor jou pad té nou raak mag ek maar entweg saam met jou te stap om jou hand styf vas te hou tot by die laaste groot boom tussen die hemel en jou hel want my kop is nog vars en vroegsomer lê saam met jou kaalgestroopte laatnag woorde sekeldiep teen die horison van my […]