Drake Vlug
Die draak was té stadig. Die gevleulde draak het klaar die brandende pêrel onderskep en is oppad na die doelpaal. As die blou span weer wen, gaan hy nooit die einde daarvan hoor nie. Hy klap sy vlerke vir ‘n vale en haas agter die gevleulde draak aan. Ver onder hom brul die skare en […]
XYZ (Brons kategorie)
dit was daar – die punt aan die einde van die sin. geen twyfel aan my sig of leesvermoë geen “per abuise” val van die pen die sweet, klam aan my vingers kon geen fout bespeur selfs sou ek dit tas asof in Braille daar was geen komma of rusteken – net ‘n punt deur […]
Die skemeruur (Brons kategorie)
nou, hier – in die stilte van die skemeruur kom sit styf hier teenaan my sy wyl ons gedagtes vêr in die niet in tuur met sekelmaan wat so lê-lê oor rante loer en die Piet-my-vrou se laaste eggo die aandwind roep lê jou kop hier teen my skouer terwyl my warmte jou sag omarm […]
Net donker (brons kategorie)
ek slaap die slaap van die dooies van donkerder as donker sonder enige drome soms onthou ek nog (ten dele) van ou drome soos vae gedagtes wat wil losbreek nes ou stofbedekte boeke op vergete rakke wat roep daarna om weer ontdek te word vergeelde blaaie wat ruik na ou ink en stof vergete (nou) […]
een dag ewig
waar mooi en goed in ‘n fees son, maan en sterre onthaal vlees en bloed nie meer wees daar waar Lig uit alles straal waar siele mekaar weer vind mekaar in blye vreugde groet saam loof en prys aan Sy voet niemand hulle meer kan bind dit is waar ek graag wil wees een-dag met […]
Griffioene vir die Wen
Die skare juig. Almal is geklee in hul span se kleure. Reuse naaldekokers, geverf om by die verskeie spanne se kleure te pas, staan reg om hul span se plek in die wedstryd te merk. Die hippogriewe proes en gooi hul gesnawelde koppe trots in die lug. Die jeti’s grom; almal klap hul hande oor […]
November 2018: Dorp/Stad Projek Uitslae en Kommentaar
November Projek: Stede / Dorpies GEDIGTE WENNERS: GOUD: (1) Strandfontein: Carma Shaw (2) Sag soen die Nylstroomson: Anzé Bezuidenhout (3) Philidelhia: Carma Shaw SILWER: (1) Soektog: Caren Kearley (2) Wanneer dit reën in Parys: Caren Kearley (3) Riebeek-Wes: Caren Kearley BRONS: (1) Moria: Charleine Collins (2) Woordeloos Verloof: Marieta McGrath (3) Ontvlugting: See-Jay-El GEDIGTE KOMMENTAAR: 1. […]
Die “Vader van Motivering”
Dr Wayne Dyer, ʼn psigoterapeut, skrywer en motiveringspreker was in 1985 aangewys as een van die ses mees prominente Amerikaners. Met ʼn totaal van meer as 40 boeke (21 daarvan New York Times beste verkopers), ʼn skrywersloopbaan wat oor vier dekades strek, 5,200 radio- en televisie optredes wat Oprah, The Today Show en The Tonight […]
Wedloop van geloof
Hoe slu besluip die kettings my en klou my enkels, besitlik; ‘n ruie verstrikking teen my voortstromp’ling. Hulle bloedsleep my boos en honend, my vingers slym papperig in die klei, die waarheid word ‘n lugspieëling soos water op die warm teer… O God, my God, waarom voel ek jou so ver? Sal ek soos ‘n […]
Verslane loutering
my menswees se loutering lê in die blou weerkaatsing van my oë – in die klop van my witsandhart soos ‘n eggo oor die ronding van ‘n duin daar waar my drome toegewaai lê loop my spore afge-ets op klam sand onder soutlug as nostalgie my na die bloudam jaag soekend na lang vergete illusies […]