tydlose einde
leë gebare met tydlose waarde is soos golwe wat nie breek leë klanke van niksseggende woorde soos die piep van ‘n muis in leë huis leë tyd van gebeurloosheid is soos die wind wat nie reën bring leë beloftes van eindelose verwagting soos die hoop in ‘n mens wat vervaag die einde van alles en […]
Gister se onthou
my lief die nagte raak nou langer en die dae gooi laslappies op die paadjies waar ons eens geloop het soms as oggendkou’ se verlange hoendervleis oor my lyf, skryf ek vir jou ’n brief vertoef ’n oomblik in die hitte van ons argief want êrens in ’n kas tussen motte en ’n jas lê […]
Swart kantjies vir ‘n vreemdeling
Ja-ja, ek het ‘trust issues’ – big time! Sommige noem dit privaatheid, ek noem dit sommer net die gebrek aan val-oor-jou-voete-vertroue en warm maar stadig op voordat my hart genoeg waagmoed toon om ten volle oop te maak en al sy derms te wys. Van my lyf práát ek nie eens nie! Daarby het ek […]
Netbal en Maskara
Netbal en Maskara Marie val op haar bed neer met ‘n sware sug. Sy voel vandag swaarmoedig. Dit maak nie saak wat mens doen nie, as jy agter in die ry gestaan het toe talente uitgedeel is, gaan jy agterbly in die populariteit ranglys. Sy trek haar skoolskoene uit en gooi die een oor die […]
Lewenskring van ‘n ma en dogter
Die lewenskring van ‘n ma en dogter Gelewer deur ‘n strakgesig man het die nuus my hart bereik en nes gemaak wortels gegroei om nooit weer los te raak vir jou het ek met my saam gedra ‘n klein stukkie mens in my buik Deur diepe waters en donker tye het jy soos ‘n neet […]
boog
soos in die dae van noag sien ek steeds die reënboog weet dat Sy beloftes steeds staan berge mag vergaan en heuwels wankel maar Sy vrede rus oor al Sy kinders so is Jesus se bloed gestort om nuwe verbond te vestig sodat almal wat in Hom glo sal lewe al Sy genadige beloftes ontvang […]
19 September
(BRONS) 2 Desember se geel rose het net gesê: “Vir jou!” Desember, later was dit ek wat vra: “Las net 2 jaar by!” Augustus…September – so was ons vêr en naby. Sondag se lug was grou; ek onthou… dit was koud in my leerjas. Daar was 3 vroue by my Dawid-beeld, anemia het sy volmaaktheid […]
die skulpie vertel
die skulpie vertel ‘n seeverhaal hulle het in die vlak golfies gestaan haar arms styf om sy ruwe lyf sy oë dwingend na haar volryp mond trane het gerol oor haar bloswange en agter hulle stil die berg se hange die grou van sy oë weerkaats die onrus van die see sy lewenstaak wat die […]
Saluut!
’n Kis word by ons verby gedra … Dis wanneer ek my gedagtes, daardie van lank gelede, uit my hart gaan haal in ‘n vlag toedraai en oor jou spore neerlê ek verwoord ons saamwees, stof die langste aande se stories effens af, onthou hoe ons gedemp moes fluister ek klim van ons herinneringe se […]
Uit my hart net vir jou
rose is rooi en viooltjies is blou maar dit bly steeds vaal teenoor jou die sonlig het stralekranse om jou getooi maar dit was nie net jou stap nie ook nie net jou sit nie maar die vonkel in jou stem en in jou oë – veral as jou mond saam sou lag – en […]