Herinneringe oor Pofadder
Jou bordjie staan teen die pad, Pofadder… verbleik en geroes, pryk jou naam waar my siel by jou poorte moes verkrummel het in jou voetloop se roep en nie kon verouder in jou stofstrate van toe. My oë kuier ‘n bietjie by die Pophuis verder op in Skool Straat waar ou herinneringe dwaal tussen mure […]
Philadelphia
(goud) Philadelphia In ’n kamer in die Blikhuisie wag daar ’n vulpen en papier en ’n posbus wat verlangbriewe reguit hemel toe kan stuur. Is daar nog ’n plek aarde wat so klein is van gestalte, maar tog so groot van gees; wat midde veld en koringlande ’n baken van die hoop wil wees. Met […]
Moria (Brons)
swart streep songololo met kriewelpote rol rol op en op en voort want dis weer Paasfees en almal wat ‘n badge het reis nou noord in taxis en in Putco eet Kentucky en maak pap vermenigvuldig brood voed duisende offer skape, hoenders, bees met ‘n rookkolom na Bo soos Abel van die Boek dan slaap […]
Plek van die verlore bok-ooi – ‘n halfedelsteen (Brons)
Gisteraand kyk ons na clips van Kalahari-fauna by vriende se braai. My man raak verveeld, maar ek dink aan my kleintyd wat deur Prieska draai aan die voet van die koppie in die kleinste huurhuis – dit was my pa se eerste praktyk – het ons teen die rantjie uitgeklouter en vanaf die fort oor […]
Soektog
Net omdat ek dié gedig skryf beteken dit nie dat dit ék is, of my storie nie ek skryf dit dalk vir ander uit ‘n ver plek of vir jou, want skryf is soos vlieg oor blou oseane en hoë berge of sommer net deur stede soos Parys, Los Angeles of Kaapstad – dalk meer […]
Wanneer dit reën in Parys
Wanneer skugter kaleidoskoop klanke met sysagte sonstrale om hoop dans reis ek so graag tussendeur gister en vandag se nou spasies saam met tyd en sy gesange tot in Parys en haar warm reën nagte skuins voor oggend melodieë toesak met tortels wat ‘n stad ontwaak en my fyn geflenterde heimweë diep sug spring ek […]
Ontvlugting
Neem my op reis na Normandië, waar kobaltblou branders breek oor wit strande. Kom ons hardloop deur rooi papawerlande; waar heuwels hang aan die Franse son. Ons oes die geure van die noorde; vermy die stede! En later swerf ons tussen Vincent se stêrre tot by Arles, in die suide. Ons baljaar in weerbarstige kleure […]
Brakpan, my plek
As mens in Brakpan bly dan word dit jou plek ons verdra die draakstekery, dit hou ons op die map! Pragtige dorp met aller tipe mens Grênd, kens of trens Maar ken jou plek, jou maniere Wees beleefd, deel jou biere Groen gras, struike en palm bome sierlike ou geboue en puik skole Carnival Casino […]
Antie Koot in die hof
‘Antie Koot hof toe’ basuin die plaaslike koerant van Dinsdag af al, op die voorblad nogal. Peste. Antie Koot wou nog altyd in die Koffiefontein koerant wees, maar nie vir dít nie. Sy word uitgekryt as ‘n krimineel. Die koerantmense weet nie hoe sy voel nie, gee ook nie om nie. Sy weet wel dat […]
DIE DORP CARNARVON (Gedig opgedra aan my vriendin)
DIE DORP CARNARVON (Gedig opgedra aan my vriendin) Die tuisdorp Carnarvon waaruit ons voorgeslagte kom Historiese outydse geboue word vir altyd behoue die rustigheid wat die dorp inhou wil ons vir altyd in ons harte vashou dis waar my liefde vir altyd hoort so uniek in sy eie soort daar ver in die klein karoo […]