Die dors
Die dors Snikkend snak songebakte vlakte verlangend smagtend wagtend dorre dooie stofgetrapte oppervlakte hygend dors na reën Songebruinde stoere boer met roer soekend tragtend vreesafwagtend vir wraaksugtiges wat op sy plaas roer hy’s hygend dors na vrede en geregtigheid. deur Stephan Uys 12/01/2018
Te lank
Te lank Jy trap op my en jy weet jy maak seer jy vertrap vir my keer op keer op keer Amper begin ek glo jy is reg na weke, maande en jare se sê ek is sleg aanvanklik het ek gedink jy is opreg maar stadig het ons verhouding al verder versleg Ek moet […]
GESPLETE TONG
GESPLETE TONG in ‘n koor in menig taal weerklink bewys dat mense faal want elke mond elk met gesplete tong ‘n linker- én ‘n regtervuis als wat lewe summier vergruis gelyktydig bulder vrede verwilder slurpend lint om vas te bind sweep – opsweep jaag – verjaag mislei – laat ly in die afgronde in lei […]
Litteken
Litteken Die oorwegings en die hoë standaarde was oorweldigend. Ons was in standerd ag (graad tien van die ou bedeling), ons was veertien jaar oud, ons hormone was al amper op die maan van bokspring en die druk uit vriendekringe was, soos die Kaapse Suidoostewind, onophoudelik intens. Ek het mooi besin en stadig besluit en […]
Die aarde bid
Here, gooi tog soms U skadu voor die son wat vurig woed en laaf my vir ‘n oomblik – kyk my wonde, sien my bloed. Steek tog net U hand uit van daar af waar U woon soos ‘n voeler deur die hemele en soek na my – U skeppingskroon. Raak aan my met U […]
Genoeg
Genoeg. (4de skryfkompetisie ) Wyl voorspoed wense van alle oorde af instroom en my hart met dankbaarheid oorloop vir ‘n tyd waardeur die Here my deur gelei het is my eenvoudige gebed vir hierdie nuwe jaar – Genoeg… genoeg voorsiening om nooit swaar te kry genoeg geselskap vir tye wanneer eensaamheid dreig genoeg omgee om […]
Wenners: Januarie 2018 Weerbegin projek
GEDIGTE: 1 ste plek: Anzé Bezuidenhout met ‘n Nuwe begin 2 de plek: Larissa Beukes met Gebede met bewende hande 3 de plek: Carma Shaw met Noudat gister verby is Rubrieke: 1 ste plek: Ronel Janse van Vuuren met ‘n Nuwe plek om boeke te adverteer Baie geluk aan hierdie 4 lede Projekbestuurder
Bejaarde liefde
Onbaatsigtige liefde en omgee dit gaan oor die herinneringe in hul harte God se beloftes van liefde, vergifnis en vrede Hulle liefde vir mekaar, is sterker al het die tyd hulle agter gelaat hul durf en deursettingsvermoë, deur beproewinge hul weë wel gekaart Hulle wêreld het gekrimp maar dit het nie hul harte verdroog in […]
Orania en God
As die nag-uur se stiltes oor Karoovlaktes draai en die voëls se kwetter sagte nagsê tjirp-geluide word wyl die skittersterre een-een hul sitplek inneem dan loer die maan versigtig met sy roes-rooioog oor grys platkop heuwels en uitgestrekte rante my voete die strate van die stille Orania wandel ek in ontsag vir die Hemelse heelal […]