Jongste aktiwiteit:

ProjekteProjek – Lente (01-09-2016 tot 30-09-2016)(Bladsy 3)

So breek vir ons almal nog ‘n lente aan. Die veld vibreer vinniger en die voëls sing asof hulle hul eie liedjies wéér getoonset het.
Dit is die mees omskryfde seisoen, maar dit ten spyt, wil ons hê dat die unieke skrywers van INK die projekblad besaai met die mooiste kleure, geure en vibrasies wat net Lente kan bring.

In regte egte Lente stemming is die PROJEK ‘n vrye uitdaging en kan die digter en die storiemaker vryeteuels neem en die wonder van lente besing.
Daar is geen reël oor styl, vorm, lengte, diksie, of rympatrone.

Besing die Lente!

Bekoor ons.
Projekbestuur

Lentegesindheid Elke nuwe Septemberdag is ‘n vreugdevolle lentedag en die natuur begroet ons gul met hernuwing van bot en blom en skep in ons harte lentebotsels van medemenslike mededoë om uit te dra, en mooi lentebesluite in ‘n lentejaar te omskep en uitlewe,nie afpen en tot September afbaken nie— Laat ons soos lenteblomme wees en […]

Lente Half bevrore kraak ‘n wintergletser met ysmos wat nog aan ingewande kleef, snuif bloubokkie neus die soel poeiers van ‘n bloeiseisoen in barensnood. Kristalle glim op lippe van ‘n lenteson, druip suikerstroop in sy skuifspeldloop oor nuwe dou. Stywe litte klou nog aan some van dooiemaan toe bevrugting jakkalsdraf teen grense van ‘n uitgediende […]

Lente Ek ken die blomryke Bolandse lente, ek ken Namakwaland se blommeprag, ek ken Gauteng se pragtige kosmosblomme wat die hoofpaaie aan weerskante opvrolik— Ek ken die droë lente van my heimatland smagtend na ‘n vroeë lentereën waar die fyn opslag en droë twagraspolle hunkerend gereed is vir hul lentedos— Droogte of oordaad, in my […]

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed