Jongste aktiwiteit:

ProjekteProjek – Teenstellings (1 Mei 2016 – 31 Mei 2016)(Bladsy 2)

Hierdie maand wil ons hê u moet effe dieper delf en inskrywings doen wat TEENSTELLINGS weerspieël. Dit kan natuurlik wees donker teen lig, liefde teen haat, hartseer teen vreugde.
Gebruik nuansering om die leser van die teenstellings bewus te maak soos bv:

‘As die donker swaar en grof sleep
waar voete min en waaksaam loop –
soos tande knaag aan die swaar siel
wat die lentegeur en flikkermooi
van die lig verloor het…’

Wees mooi beskrywend en daag uself uit om die emosies van die teenstellings te verwoord.

INK weet sommer dat u hierdie uitdaging gaan omarm en almal is opgewonde om te sien watter pragwerk hieruit gaan voortspruit.

Doen Afrikaans goed, skryf jou hart in INK!
Projekbestuur.

Esmeralda bekyk haarself in die kleedkamer spieël en die pyntrek in haar oë word duidelik terugweerkaats na haar. Op 45 jarige ouderdom voel sy andersins perdfris en gesond en nog vol energie om saam met haar kinders krieket en netbal te speel, dis net hierdie alewige pyn in haar rug wat haar menige dae onderkry. […]

As ysbere tango-trippel oor kontoere van haar tenger lyf en winterswind weemoed deur haar hartmuur ranke gewaar sy die skroeivlam deur groen-oog aangevuur diep in sy binneste brand Wanneer souttraan biggel in haar seerkind se pupil vrae tolbos na haar toe rol sy stukkend stom starend luister na hoe sy koggellag deur demone geil gegerf […]

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed