Jongste aktiwiteit:

ProjekteSeptember – Lente projek(Bladsy 3)

‘n Ode aan die Lente klink reeds banaal en geyk omdat dit soveel keer voorheen gedoen is. Tóg, bly dit ‘n heerlike onderwerp vir poësie en prosa.
Ons gaan saam probeer om die onderwerp verrykend en anders aan te pak en daardeur bewys dat dit steeds genoegsaam nuut en opwindend kan wees.
Vir die digters:
1. Skryf ‘n gedig van nie meer as 16 reëls nie.
2. Die onderwerp is ‘Die lente’
3. Die titel MAG NIE ‘Die lente’ wees nie; maak jou eie opwindende en unieke titel.
4. Daar is GEEN rym reëls nie. Dit is totaal sonder voorskrif.
5. Die ‘lente’ moet gepersonifiseer word, asof dit ‘n persoonlikheid het. Ek gee hieronder ‘n voorbeeld.
6. Poog om ‘n neologisme (nuutskepping) in te sluit.

Vir die skrywers:
1. Skryf ‘n kort-kort verhaal (minder as 400 woorde) met die Lente as onderwerp. Probeer dit nuut en opwindend te maak en nie noodwendig ‘n ode aan die seisoen te skryf nie.
2. Spelling en leesteken reëls is BAIE BELANGRIK.

Voorbeeld vir die digters:

As ék die kleure oor jou skouers trek
in die hitte van ‘n midmiddag
sing die bye ‘n zoemmelodie
om die geur van hierdie blommeprag.

Let daarop dat ‘Lente’ as ‘n ‘persoon’ praat. Dit is wat personifikasie beteken.

Verras ons met jou uitsonderlike talent.
Woordgroete
Projekbestuurder

Omvou my met jou blomkombers wek die son, uit haar winterslaap Onthou om die lemoenbloeisels se geure vry te laat. Stuur dit met die wind op laat dit los hier voor my deur Stop die winter in haar spore, betower haar met kleur. Wink die skoenlappers nader, hits hulle aan so met die wind Vra […]

‘n Yswind waai die droë gras en blare oor die bruin veld. Die hase hardloop en boks wanneer hulle mekaar se paaie kruis. Blou-grys tarentale wei in hul trop – die enigste kleur in die dorre gebied. ‘n Muis skarrel agter ‘n dorre boom in en hou als nuuskierig dop. Feetjies land saggies agter ‘n […]

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed