Jongste aktiwiteit:

ProjekteSeptember – Lente projek(Bladsy 2)

‘n Ode aan die Lente klink reeds banaal en geyk omdat dit soveel keer voorheen gedoen is. Tóg, bly dit ‘n heerlike onderwerp vir poësie en prosa.
Ons gaan saam probeer om die onderwerp verrykend en anders aan te pak en daardeur bewys dat dit steeds genoegsaam nuut en opwindend kan wees.
Vir die digters:
1. Skryf ‘n gedig van nie meer as 16 reëls nie.
2. Die onderwerp is ‘Die lente’
3. Die titel MAG NIE ‘Die lente’ wees nie; maak jou eie opwindende en unieke titel.
4. Daar is GEEN rym reëls nie. Dit is totaal sonder voorskrif.
5. Die ‘lente’ moet gepersonifiseer word, asof dit ‘n persoonlikheid het. Ek gee hieronder ‘n voorbeeld.
6. Poog om ‘n neologisme (nuutskepping) in te sluit.

Vir die skrywers:
1. Skryf ‘n kort-kort verhaal (minder as 400 woorde) met die Lente as onderwerp. Probeer dit nuut en opwindend te maak en nie noodwendig ‘n ode aan die seisoen te skryf nie.
2. Spelling en leesteken reëls is BAIE BELANGRIK.

Voorbeeld vir die digters:

As ék die kleure oor jou skouers trek
in die hitte van ‘n midmiddag
sing die bye ‘n zoemmelodie
om die geur van hierdie blommeprag.

Let daarop dat ‘Lente’ as ‘n ‘persoon’ praat. Dit is wat personifikasie beteken.

Verras ons met jou uitsonderlike talent.
Woordgroete
Projekbestuurder

Ek wil lewe – met die seewind in my hare, tone in die sand gewoel Waar spierwit borrelbranders oor goue strande spoel. Ek wil lag soos n kind wat rondomtalie draai Op die vleuels n lentebries die somerreën aanwaai! Dans in die maanlig van n helder somersnag, benee die hemelruim se towerjas waar die melkweg […]

‘n Vliegtuig onder wolwolke, Tafelberg, die son wat sak in amberpienk en rooiframboos skakerings teen die blou geplak – dit bring ek als vir jou. ‘n Blink maan in jou vensterraam ‘n duif wat op jou dwars draad staan ‘n kolgans in die môredou ‘n geelvink wat ‘n grasnes bou – dit weef ek in […]

saggies-saggies kom jy nader skugter briesie dra jou geur kanferfoelie, petunias, jasmyn en frangipani jy bring bloureën, sonsoekertjies en wilde salie om saam te dans met skaam viooltjies in my tuin jy gooi ‘n bont kombers oor winter skade bloeisels dartel uit kleure spatsels van jou palet jy verf helder prentjies oor vaal winters kleed […]

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed