Brief aan Liewe ek.
Liefde. Ek weet nie so lekker nie. Dis mos daardie seerkry ding. Die ding wat jou laat sing. Jy wil dans en lag en huil en jy vang soms dom dinge aan. Maar dis ook goed en nodig. Maar wat van die verbode liefde. Die een wat ons almal behoort te hê, maar ma […]
Stoepsit-liasering – (Silwer)
Stoepsit-liasering – (Silwer) Ek sit aan die somerkant van my winterhuis op die stoep. My gedagtes kabbel en klots, soos die Bergrivier hier voor my. Gedagtes aan gesprekke, take en nuusberigte wissel mekaar aanvanklik lukraak af. Soos wat die stroom verder af rustiger vloei, kom lê die wete gerusstellend ook in my: “Daar is […]
Skaduwee teen die Wind (364 woorde)
Skaduwee teen die Wind Die wêreld was jonk. Tyd het kaalvoet galop Op voetjies sonder eelte. Jaanie : Luister. Kranse kraak en kreun visse droom kliphard kwaai kattemaai by die dam. Hoor die roepwind. Luister tog net. Oujaan : Ek voel dit teen my rugstring. Nie net koelte. Wag — kyk daar. Dis Wind! En […]
‘n Resies teen tyd
(Woordtelling : 843) Oh jinne, mens kan darem die lewe vir jouself bitter moeilik maak! En heeltemal onnodig ook. Meestal het dit 100% te doen met jou gedagtes, maar so min mense verstaan dit. Spreuke 4:23 sê dit immers baie duidelik, “Wees veral versigtig met wat in jou hart omgaan, want dit bepaal jou […]
Vir solank ek staan #silwer
Vir solank ek staan Selfs in die eenvoud van ‘n boom, ‘n stam, ‘n skaduwee en ‘n gekartelde haredos, lê die spore van tyd. Soos die son oor die horison sy weg vind, en sy vier-en-twintig-uur reis aanpak, groei die skaduwee onder die boom. In midsomer kom soek diere skuiling daar; ‘n lafenis teen skreeuende […]
Lewe se vere
“Kom binne! Maak of hierdie jóú huis is,” het ek alte braaf vir Lewe gesê, want sy voet was alreeds ongenooid binne my deur. Hy het immers gekom om saam met my te bly en daarom trek ek ‘n stoel vir hom nader. Ons twee was nie voëls van eenderse vere nie. Hy word my […]
‘n Lewe in Legato #Silwer
‘n Lewe in Legato My lewe – ‘n mengelmoes van swart en wit note, getoonset in majeure van hoop en mineure van verlange. My skooljare, ‘n adagio soos Beethoven se “Maanligsonate”, met val en opstaan, ‘n arpeggio wat stamel deur tyd. My weermagjaar – ‘n fortissimo, hard en ongenaakbaar, maar tog net ‘n staccato in […]
Om te wag vir tyd
Deur soek-soek te ry, het jy daarop afgekom. Weggesteek in ‘n half industriële gebied, tussen ‘n paar ou huise, het die onverwagse helder kersfees-liggies jou in die donker verwelkom. By die klein restaurantjie het ‘n Italiaanse gesin jou hartlik binnegenooi en ‘n bordjie met ‘n paar snye brood voor jou neergesit. Komende uit ‘n familie […]
DIE FENOMENOLOGIE VAN SKADU’S VAN DIE TYDSPOOR BINNE DIE GEMEENSKAP VAN DIE KALAHARI-SAN
Binne die leefwêreld van die Kalahari-San is tyd nie iets lineêr of abstrak nie, maar ’n beliggaamde ervaring, geanker in grond, klip, rituele, mites en storievertelling. Skadu’s van die tydspoor verwys na die onsigbare, maar sigbaar-makende teenwoordigheid van ervarings, herinneringe en trauma wat aan mense en plekke kleef. Hierdie artikel is ’n kursoriese oorsig van […]