Die ‘aandeel’ van die menslike brein in linkshandigheid
Die menslike brein is die mees komplekse struktuur in die skepping van God. Met sowat 86 miljard neurone en triljoene sinaptiese verbindings, vorm dit die sentrum van bewussyn, denke, emosie en die funksionering van die liggaam. Die brein van die mens kan dus beskou word as ’n biologiese “rekenaar”, wat anatomies bestaan uit twee hemisfere […]
Die linkse se stryd is werklik
Thea is links. Maar nie op die manier wat jy sou dink nie. Nie polities of ideologies nie. Nee, sy is net … links. Sy sal jou vertel dat hierdie wêreld so regshandig is soos tant Rina se Bybel met onderstreepte verse. Dit is ‘n stryd maar tog ‘n vindingryke stryd. Van die begin af […]
Die Wit Huisies se Stil Gebed
# Waar vissershuisies hurk Nicola Brown Die Wit Huisies se Stil Gebed Langs die water hurk die wit vissershuisies, elk in ’n ander skakering, van room tot kalk, van geelwit tot soutgevreet grys. Saam is hulle soos ’n skildery wat jy nie kan koop nie, net beleef. Hulle skuil teen die wind, net soos die […]
Die Sage van Kadean, die Teenwysige (502 woorde)
Die Sage van Kadean, die Teenwysige Eone voor die berekening van tyd, het ek, Aequitas, regeer. My leuse eenvoudig: Geregtigheid — Gelykheid — Billikheid Vir Almal Oorkant my, het Kadean gewoon. Skilder van wolke. Wewer met skaduwees. Argitek van blomme, riviere, takke, voetpaadjies, golwe en spirale. Niks was reguit nie. En tog was sy oë […]
Piet Andersom
Soos dit seker maar in enige linkshandige seuntjie se lewe gaan, moes ek ook deurloop onder die venynige tong van ’n onderwyseres gedurende my kinderjare. Ek was vier jaar oud en in die voorskoolse klas toe my juffrou my potlood uit my linkerhand geruk het. “Nee, seuntjie, jy hou nie ’n potlood met jou linkerhand […]
Julie 2025 – OOP (Skaduwee van tyd) projek – Kommentaar en uitslae
Baie geluk aan hierdie 10 lede! WENNERS: BRONS: (1) 21 Awona MET Stil-stil terug (2) 6 Awona MET Asemloos (3) 14 Wilmari Marx MET Ek onthou SILWER: (1) 25 Retha van Deventer MET Tanende tempo van tyd (2) 26 Retha van Deventer MET Uurglasdrome (3) 9 Pieter Mostert MET Realitieit GOUD: […]
Die Stil Skreeu van Parys
Die Stil Skreeu van Parys Je suis Étienne, ’n boekhandelaar in Parys, 1791. Die guillotine agter my huis sluk daagliks lewens. Selfs boeke — Voltaire, Rousseau, Diderot — voel nou soos vuurhoutjies in my hande. Niks is meer veilig nie. Nie eers woorde nie. Ek hoor die lem val soos ’n klok wat dood aankondig. […]
Augustus 2025 – Linkshandige projek
Beste INKers, Die 13de Augustus is Internasionale Linkshandige Dag, en ons vier hierdie unieke eienskap met ’n skryfprojek wat jou kreatiwiteit uitdaag en jou perspektief gaan verdraai. Of jy nou ’n digter, prosaskrywer of kortverhaalskrywer is, hierdie projek nooi jou om die tema van “linkshandigheid” op ’n vars, onverwagte manier te verken. Laat jou verbeelding […]
Vertikale tyd.
Vertikale tyd. Mens hoor dikwels mense kla dat tyd so vinnig verby gaan. Dan dink ek dat ek my tyd wil vat soos mens ’n lekker warm brood eet: stadig, met smaak en respek, amper met ’n gebed. Want vir my is daar oomblikke waar ek my tyd in heilige samesyn spandeer en ek noem […]
Kuiertyd
Kuiertyd Paastyd is altyd kuiertyd. Dis dan wanneer die kinders plaas toe kom en ons almal weer saam mens kan word. Wanneer die kinders, nou volwassenes, huis toe kom. Dis wanneer die kinders saamdrom op die werf en ons weer ’n gesin kan word wat mekaar in die oë kan kyk. Wanneer ons die wreedheid […]