Kind Wees [Veldspaat = Bobbejaanspieël ]
Kind Wees [Veldspaat = Bobbejaanspieël]
O, om weer ‘n plaaskind te wees
droom en realiteit was deurweef gewees—
Veldspaat was vol diamante
en groen mosbedekte
klippe die ene koper—
Peperbome dra koljander
wyl die ou kokerboom
in blomtyd ‘n droom
van vragte dadels was,
van alles seker hardekwas!
Die lewe was sonder sorge,
oral was verborge
skatte so het die stories gesê
en iewers moes hulle lê!
Nooit was ek weer so ryk
met storierykdom so verryk—
Soos die ryper jare aanwas
hou ek herrinneringe vas—
Al het die skatte gekwyn
en uiteindelik almal verdwyn
bêre ek die kwitansies veilig
en bly die herinneringe myne,heilig—
Janetta – Helena [Babs] ©
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Evelyn van der Merwe
Ja heerlik om terug te dink aan die goeie ou dae. Mooi beskryf.