Jongste aktiwiteit:

Liefdes transformasie

Die winter kou
die grys en grou
die seer van gister se onthou
geïnfiltreer
in elke skeur
diep in gebeitel
deur jare se verraad
die begeerte na geluk
bar agtergelaat . . .

dan onverwags
breek die son deur jou nag
voel jy die sagte warm strale
liefkosend op jou gelaat
sluip sagte strale sagkens
deur die skeure in jou hart
voel jy die winter koue verdwyn
sien jy die grys en grou weg kwyn
weet jy die seer van al die gisters
moes voor die warm liefde strale wyk

ʼn nuwe dag vol liefde en lag
met jou hart in jou hand
met sy hand wat joune teer omvou
jou hart veilig
deur liefde gered
deur liefde gebou
liefde wat jul harte
saam met die môrestond
in sy goue gloed laat ontwaak
jul transformeer
jul vir mekaar net meer en meer
liefde raak . . .

©Marsofine Krynauw




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed