Maand van nuut begin (Silwer)
Oor velde heen
Klink voëlgesang vrolik en luid
Tree blombestuiwers aan vir diens, gereed
Om nuwe vrug te laat ontluik
Buig natuur afwagtend en
Eerbiedig, met vars oortuiging
Reikhalsend na somer se ontwaak
Met eerste reën ontplof
Aarde in ‘n kleurpalet
Asof lank reeds verwag
Na winter se koue striem
Dat nuwe lewe weer ontkiem
©Driekie Grobler
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Oktober 2021 – Akrostiese projek