
mismoed
soos lewe opflikker
in tanende agtermiddag
sak sonstrale in rooi strepe
oor wit huisies en diep blou lug
jaende golwe streep oor die baai
meeue keer rasend terug huistoe
swart seevoëls vlieg in v-formasie
seewind waai woes teen duine op
elke aand se vreeslose skemerlig
streep in neon kleure tot in kim
vervaag in sagte pastelle weg
begroet die duistere nag
©Teárlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.