
vroeg
voor daar mense beweeg
wanneer sonstrale begin verskyn
wanneer stilte oor my duin heers
dit is wanneer vroeg is
voor die lig die duister breek
meeue nog saggies op strand beef
golwe asof in afwagting breek
dit is wanneer dit vroeg is
voor die tyd aanbreek
wanneer daar nog tyd is om te wag
sekretaresse verbaas opkyk
dit is wanneer dit vroeg is
voor net besaai word met verkeer
wanneer jy nog kan inkom op blad
jou beweging geensins vertraag
dit is wanneer jy betyds is
©Teárlach
2 Kommentare
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
morne du preez
Hoe vroeg vang die woord my, dankie het hom geniet