vir
Gedigte
nuwe jaar’s wense
dis vrolike ou jaar
die nuwe jaar kom
glimlagte baljaar
sjampanje alom
skielik wil almal tel
tel hul agterstevoor
tien tot nul op die bel
so is ou jaar nou oor
wanneer klok hard slaan
ontplof uitspansel in lig
ou jaar dans oor die baan
oom en tannie met gewig
teen muur van waenhuis
skyn lig in oë van hoopvol
wat skaam loer en kuis
selfs nog kyk na elke trol
so kom en gaan die jare
met jou goeie voornemens
uit geblaker oor die skare
kan jy jouself net verwens
©Teãrlach.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.