
omdraai
in die lewe
is omdraai nie
altyd so lekker nie
tyd gaan verby
dit wat was
is moeilik
om reg
te maak
tyd spoel
ook oor my duin
dit vervorm en skep
daagliks in die wind
skulpe, krappe
selfs voëls
maak dit
anders
soms is seewater
blou en soms turkoois
soos minder of meer son
die water binnedring
en lewe soontoe
bring vir alles
wat lewe
daarin
©Teárlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.