Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Onskuldige Grote

Deur IronLady
Datum gepubliseer: 7 Junie 2021 Aantal woorde: 359 110 Kere gelees 2

Woordtelling: 373
Woorde en boeke is die grootste liefdes in my lewe. Daar is altyd geld vir boeke. So loop ek eendag in ‘n bekende boekwinkel en kyk wat is op hulle rakke. Sodra n boek my aandag trek bekyk ek hom en lees stukkies daarvan.
Ek lees: 1“Jesus, min my, tel my op, maal my, deel my tot ek klop.” Summier koop ek die boek. Jare se genot en inspirasie het al van die boek na my siel gevloei. Maar hierdie woorde bly ‘n juweeltjie in my gedagtes.
Ek het glad nie eens probeer om die skrywer se gedagtes en gevoelens agter hierdie pragstuk te ontleed nie. Dit het mýne geword.
Jesus – My Verlosser wat my liefhet net soos ek is.
Min my – Wees asseblief lief vir my al is ek nie lief vir myself nie. Wees asseblief lief vir my al is ek kwaad, al is lelik met ander mense. Wees asseblief lief vir my as ek steel of moord pleeg. Wees asseblief lief vir my al 2bly ek die slegte doen terwyl ek hard probeer om die goeie te doen.
Tel my op – Tel die goeie dinge in my lewe op e maak dit genoeg al is dit te min. Tel my op sodra ek struikel en val. Tel my op as my hart se stukke oor ons kontinent verstrooid lê. Tel my op wanneer die aanslae van die lewe my stom en weerloos laat.
Maal my – Sit my deur die meul van die lewe want selfs dan is U by my. Maal my liefde met U genade sodat U alles in my lewe kan wees. Maal my liefde met ‘n miljoen dat ek my naaste met geduld en ontferming sal behandel.
Deel my tot ek klop – Deel my foute en flaters met U liefde dat alles uiteindelik kan balanseer sodat 3wanneer U kom op die wolke ek gereed sal wees soos die 45 maagde wat die olie in hulle lampe betyds kon hervul.
5Here, wees my, arme sondaar genadig!

Bronteks:
1. Die Groot gebedeboek bl. 338 [Willie van der Merwe.]
2. Die Bybel – Rom 7:19
3. Liedjie gesing deur Jan de Wet en die Lofkleuters.
4. Die Bybel – Matt. 2: 1 – 13
5. Die Bybel – Lukas 18




TEMAS
1 Kommentaar
  1. Anze

    7 Junie 2021

    Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Junie 2021 – intertekstualiteit projek

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 43
Kommentaar telling: 11

Dink woorde is die mooiste en beste ding in die heelal. Hou van opbouende kritiek.

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 152 gaste aanlyn

Bydraes – Argief