Jongste aktiwiteit:

Pappa, rym is immer

Pappa, rym is immer

Die wintersmiddag is ’n blouberg,
’n wit maan wat bo-oor alles hang.
En – in ’n oopte tussen wolke –
’n teeleend, vir momente vasgevang.

Dis ’n aalwyn wat oranje
(herhaal, herhaal die blom in vlam)
vir myle met die teerpad saam
verby drie reiers
en ’n dam.

Hierdie groen seisoen is ’n koue uur.
En in grys minute (net voor vyf)
word die Boland deur olyfboorde
langs naakte wingerdstok omskryf.

*

Pappa, ons winters was ’n storieboek;
koue hande om ’n bakkie warm sop.
En jy, wat slapenstyd gedigte lees.

’t was lank terug
maar rym
hou nimmer op…

© Carma Shaw




Ek skryf grotendeels gedigte vir ontspanning. Ek skryf graag oor die natuur, mense en hul stories en plekke wat ek besoek het. Ek doen dikwels 'n bietjie navorsing oor 'n onderwerp voor ek skryf, want ek geniet dit om te leer. Ek hoop altyd om darem 'n emosie of twee wakker te maak met dit wat te sê het, en dat julle lekker saam sal lees :-)

1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • LT het n geregistreerde lid geword

  • Pierce het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Isha Welman het ‘n nuwe publikasie gemaak