Pen en papier
Die pen dans met papier op die ritme van my hand. Woorde hardloop saam idees vanuit my hart se wense. Die fondasie van toekoms, is neergelê in glo se reine lense. ‘n Gevoel wat jou gedagtes nie sal kan verstaan, hoe sê die grond vir die son, van water se grote seën? Skaamte in druppels, soos ‘n harp se klank, is hierdie vir die siel, Afrika reën. Sagmoed toegedraai in jou liggaam as geskenk. Tussen hierdie twee ‘n hoop se band, dat ons kan stap eendag, aan mekaar se kant. Ek sal jou kom vrymaak, deur net die roep van ‘n naam, nooit in ewigheid sal jy, sonder my aleen gaan staan.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.