plaasnooi
haar velletjie is dun
bloed skyn in bloos
rooi wange in roos
bloed is nie verdun
haar hare is so blink
natuurlike blonde vag
trots en heerlike prag
stem klokhelder klink
waar sien jy iets beter
vir haar is lewe ‘n lied
die boere-nooi se seder
©Teárlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.