vere(i)deling
wanneer sonstrale soggens oor my duin breek
krinkel en kraak daar ligborrels oor golwe van die see
skitterende skouspel van druppels wat dansend breek
dagbreek se klanke is die simfonie van elke nuwe dag
hartbreek wals van gisteraand se laataand roes
laat bruin bottels op sneeuwit strand getuig
in mens se gedagtes is vandag tog skoon
want lewe borrel steeds deur hul are
ten spyte van verdunde staat
sonstrale breek deur mis
misbanke van onreg
verkondig telkens
die Lig vanself
©Teárlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.