Platteland Dorp
in die vaal gelyk
waar ń wal ń heuwel word
waai die blare van laasjaar se oes
bruin deur my geheue
braaf en vinnig was ons jeug
in dié klein dorp
groen was die rugbyveld
van hardloop en drieë druk
nou lê die groen oes
in die dorre stof
maar ek sal bly afstof
aan my hoekstene
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.