Aswoensdag
Lydenstyd 2018
Aswoensdag
Met die terugstap voel-voel ek aan die askruis teen my voorkop en my oog gly deur die somber lug
tot waar die rivier se kronkels wegraak in die son se laaste lig
Moreoggend, weet ek, sal die mis weer optrek
en die rivierloop duidelik uitkarteer
Ek sal dit volg, soos Virgilius, wat die lope van riviere kon onthou
hom helder herinner het aan die Oorsprong van alle dinge
en vir Dante deur die bare van Purgatorio kon uitlei
toe hy verdwaald was in die woud
Toe ek ingaan is dit nie die muskietplaag
maar die seën van ‘n reënseisoen wat my bybly
en in die maanverligte rietgrasvelde, heiligmooi
in mineurtoon, klein inferno’s in die aandwind
Ester le Roux
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.