Profiel
Skets van jou,
leweloos lewend,
staties, bewegingloos
hartseer pluk aan jou mond
denkend tussen jou oë
lê ‘n ligte frons
maar jou woorde
verander die uitdrukking
in jou oë
en soms net soms
kan ek my verbeel
daar’s ‘n glimlag
versteek in die hoeke
van jou mond
sien ek jou lag
hoor ‘n kop knik
in wat jy sê
‘n profiel van jou
‘n oomblik in tyd
en ek noem jou
‘n vriend van my
© CJ Laing – 17/01/2019
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.