Jongste aktiwiteit:

pyn

om met pyn om te gaan is nie maklik nie
veral as dit ‘n chroniese ondertoon het
met die gebruik van pynstillers
verloor jy telkens ‘n deel van jouself

die oorsaak van pyn is egter nie altyd bekend nie
soms kom pyn as simptoom van een of ander
sielkundige problem na vore
dan help pynstillers gewoonlik nie

pyn is ‘n sein wat die menslike liggaam stuur
om aan te dui dat daar iets verkeerd is
die afwesigheid van pyn kan skadelik wees
veral in sekere siektes soos melaatsheid

“o die pyngedagte” , ‘n gedig van Totius
spel byvoorbeeld die pyn uit wat kom
by die mens wat ‘n geliefde verloor het
dit is dié pyn wat net tyd kan genees

mense wat vir baie lank in pyn verkeer
raak stelselmatig gewoond daaraan
veral as hul chroniese medikasie gebruik
dié pyn kan ook lang termyn skade bring

“wat is pyn, ‘n wondersoete ding –
die versuur die lewe en versterk die gees”

©Teárlach.
Definisie van pyn: ” ‘n onaangename sensoriese en emosionele ervaring wat verband hou met, of lyk soos dié wat verband hou met, werklike of potensiële weefselskade.”



Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed