Jongste aktiwiteit:

RAAK VERLORE

RAAK VERLORE

Raak saam met my verlore
in die bosveld op die lang kronkelpad
ons twee deel saam kaalvoet spore
ons deel geheime langs die pad

op die lang eensame kronkelpad
lê twee rye spore in die bosveld pas
peul die sand tussen ons tone in die sand
gesels ons laggend en hou ons hande vas

ons raak verlore tussen bome om weg te glip
ons loop kaalvoete deur die koel water
rivier water spoel rustig oor die groot klip
ons sit langs die rustige rivierwater

ons voel weer net soos ń stoute kind
ons waardeer mekaar se verlore liefde
ons het dit saam op die kombers gevind
ons lê in mekaar se arms in somerliefde

@Eleen van Deventer Vorster




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed