Rol weg die klip
Rol weg die klip
HY is nie hier nie
HY het opgestaan
die klip is weggerol
linnekleed lê daar
met kopdoek verderaan
netjies opgevou
dat ons kan weet
HY is nie klaar
HY kom weer eendag
op die wolke aan
n verhaal van oorwinning
vir ieder
hiers geen onderskeiding van enige aard
hoe groot ookal die sonde
jou kruis jou pyn
oorvloed skande
of gebrek
staan op gooi af die kleed
bring goed na die wereld
nie aansien en mag
vernuwe
rol weg die klip
leef goedheid
die prys is betaal
met Tetelestai
en elke vrydag weet
dat sondag kom
HY het opgestaan
©inblueink 2019
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Kiekies
Ek hou hiervan!