
Sirkelloop
magdom jare verder
onder God se Almag
beur alles na vore
oor berge en dale
tussen waterstrome en aarde
klinkende simbale ramshoring basuin
donkerwolke magtelike dreunings
beur die son steeds na vore
en werp homself oor die aarde
dae, maande, jare, eeue heen
spruit uit die wereld
die bose kringloop van alom
teenwoordige invultrasie
wat infiltreer in die mensdom
die bestaan verdoesel van wat reg is
‘n sirkelbaan die omwenteling
van sirkelloop wat nooit stop
maar met die intreding van Jesus
sal alles handomswaai verander
nou sal niemand saamstem
maar wag groot dinge is aan die gebeur
jy het nodig om uit jou gemaksone te kom
om God se Almagtigheid te beleef
mag elke sirkelloop
na die omwenteling van God se genade
beleef word in die magtige dreuning
van die aarde wat handomkeer gaan verander
Kopiëreg Louisa Van Vliet
2 Kommentare
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Julie 2021 – OOP projek