Jongste aktiwiteit:

SKULDLAS AUG PROJEK

SKULDLAS                          AUG  PROJEK

Marthie Joubert

Hoe kon sy! Wat het haar besiel? sug Melanie Maree. Haar skuldlas hang soos ’n swaar staaltjalie om haar skouers vir die afgelope vyf en twintig jaar al; ’n las wat sy nie kan afskud nie, want sy kyk elke dag in die oë van die gevolge van haar daad. Sy tuur deur die venster oor haar tuin waar die vars lente groen oral deurbreek, nuwe groei, nuwe lewe. Hoe graag wil sy nie die horlosie terugdraai en haar skandvlek uit-vee nie!

Haar oomblik van onbeteuelde passie was malligheid! Daar’s geen verskoning daarvoor nie, dit was verkeerd, sy besef maar al te goed. Dit was sonde, die grootste wat daar is, behalwe moord, sê die Groot Boek. Owerspel! Maar hoekom is dit dan so swaar om aan daardie ongelooflike ervaring, as sonde te dink? Nog nooit het sy so vervul gevoel nie, nie voor of na daardie dag nie. Nee, nog nooit weer nie.

Sy was al drie jaar met Stefan getroud. Nee, sy was nie ongelukkig nie, in-teendeel, hulle het ’n pragtige tweejarige klong gehad wat die wêreld vol gehardloop het, derde geslag Stefanus. Hulle het in ’n ruim ou huis met ’n groot tuin op die oew-er van die rivier gewoon. Stefan was die departementshoof in die hoërskool en het geskiedenis gegee vir die senior klasse, regverdig en beheersd, ’n storieverteller wat almal gereeld vermaak het met sy ingekleurde stories uit die verlede wat hy met ’n vonkel in die oog, begin het met, “Laat ek julle hierdie ene vertel…” of, “Het jy ge-weet…?” Hy was sy seuntjie se held en as dié op sy skoot geklouter het met ’n lis-pelende “Pappa, stolie…” het sy geweet sy kon darem vir ’n halfuur of wat haar eie ding doen.

Oupa Faan en ouma Lien het vir klein Steffie kom haal daardie dag. Sy het nog haar skoonouers sterkte toegewens vir hul tydjie saam met die woelwater wat nie vir ’n oomblik kon stilsit nie, verlig vir ’n blaaskansie om sonder onderbreking met haar take te kon voortgaan.

Stefan se broer Johnny, was die sorgelose alleenloper, ’n majoor in die weermag, Steffie se ander held, wat speels met hom gestoei het terwyl die kêreltjie uitbundig lag. Soms het sy Johnny gevang dat hy met ’n vreemde blik haar oë vas-vang, wat haar hart onverhoeds vinniger laat klop het. So joviaal en sorgvry as wat hy was, net so kon hy aandagtig luister en verbasende wyse raad uitdeel. Dit het ge-lyk of die lewe hom nie onder kon kry nie. Die ding tussen haar en Johnny het sy met mag en mening op die agtergrond geskuif, om so normaal as moontlik in sy teen-woordigheid op te tree. Sy’s met sy broer getroud, gelukkig getroud, wyk satan! Mis-kien was dit omdat hy so baie na Stefan gelyk het. Sy het net geweet dat sy nooit alleen met Johnny mag wees nie…

Hoe helder voor haar geestesoog speel die onthou van daardie Vrydag-middag nie af nie! Hy het kom groet, was op pad grens toe. Stefan was die week weg saam met ’n groep rugbyspelers vir ’n sportbyeenkoms. Hulle was alleen! Soveel as wat sy daarteen weerstand gebied het, het die adrinalien ongevraag deur haar liggaam gebruis. Groet en loop, Johnny! Groet en loop! Sing dit deur haar kop.

Hulle twee het afgestap na die kampplekkie by die rivier, ’n broeiende stilte tussen hulle, arms wat kort-kort aan mekaar raak. Sy het nie die klip gesien wat net-net bo die grond uitgesteek het nie en toe sy struikel was Johnny se arms onmiddel-lik om haar en trek haar vas teen sy bors. Sy het teen hom bly staan, versteen, on-willig om weg te beweeg, oë vasgevang deur syne. Sy vingers het stadig oor haar lippe gestreel voordat sy kop gesak het en hy haar op haar mondhoek gesoen het. Sy kon haarself nie keer nie, het haar kop gedraai en met soveel drif sy soen beant-woord dat hy ’n oomblik verbaas se kop gelig het en haar met vraende oë aangekyk het. Haar hande het om sy nek gekruip. Asof dit die teken was waarop hy gewag het, het hy haar opgetel en sag in die gras neergelê.

Wat toe gebeur het was onverklaar-baar wonderlik. In verbeelding het sy saam met hom om die wêreld gereis. Sy soene was teer, oor haar lippe, gesig haar hele lyf. Sy het haar lyf  teen syne aangebeur, kon nie naby genoeg aan hom kom nie… In die nagloed van hul passie het sy met haar kop op sy bors gelê, trane het langs haar wange afgestroom. Hy het saggies oor haar hare bly streel

Hulle het lank net so gelê, eers in verwondering en toe die pynlike bewustheid van die verraad wat hulle twee gepleeg het. Toe hulle uiteindelik weer teenoor me-kaar staan, het sy hande om haar gesig gekring.

”Ek weet nie of ek moet of wil jammer sê nie…”Sy het haar vinger op sy lippe gesit en haar kop geskud, nog nie mooi by nie.

“Ek het eintlik net kom groet,” met ’n skelm glimlaggie gesê., “ek het nie be-doel so ordendtlik nie.” Toe met ’n hartseer blik:- “Hierdie was werklik nie deel van my beplanning nie, glo my” Hy het haar styf vasgehou en gefluister, “ Kyk mooi na jou-self.” Hand aan hand het hul in stilte geloop, die hele pad terug huis toe, onwillig het  hy haar by sy motor laat gaan.

“Ek moet seker nou gaan, ek het langer gebly as wat ek moes, hulle wag al.” Met ’n teer soen het hy weer besorgd gefluister, “Pas jouself op.” Sy het hom agter-na gekyk, oneindig hartseer met ’n vreemde leë gevoel in haar binneste.

Johnny het nie teruggekom nie, hy is as vermis aangemeld. Stefan en eintlik almal, die hele familie het dit nie goed ontvang nie. En niemand het ooit geweet hoe skerp die swaard was wat deur haar hart gesteek het nie. Die soektog duur voort…

***

Met Stefan se terugkeer en sy liefdevolle groet, kon sy nie anders as om soos ’n luis te voel nie en kon aan geen verskoning dink vir haar afsydigheid nie. “Seker maar verkoue,” het sy haar loopneus en rooi oë gebruik om haar gemoedstemming te ver-duidelik.

Sy het haar periode gemis, ongehoort. Na nog ’n paar weke, moes sy erken sy voel nie goed nie en was verplig om dokter toe te gaan. Sy het eintlik geweet wat op haar gewag en in stilte na die dokter geluister, toe hy haar na die urine toets vertel het sy is swanger. Nogtans was die nuus vir haar ’n skok. Sy het nadat Stefan teruggekom het van die toer af, enige ding onder die son uitgedink om nie bed toe te gaan nie. So, met die week wat hy weg was en die twee weke wat sy verskonings uitgedink het, maak dit dat hierdie baba, beslis Johnny s’n.

Wat nou? Sy glo nie aan aborsie nie, met die sak patats kan sy nie vorendag kom nie. Wil die kind nie hê nie! Net die feit dat sy broer vermis was, was vir Stefan te veel. Vir weke het hy kwalik geëet, net die nuus dopgehou, die kommandement gebel, maar geen teken van Johnny nie. Dit het haar teen die mure uitgedryf om te dink dat hy dalk iewers in ’n vreemde tronk sit, ontvoer is, of dalk gemartel word, en sy kon dit met niemand deel nie. Nee hierdie dubbele las moes sy alleen dra.

Ek wou die kind nie hê nie. Steffie is kwalik uit die doeke. Sy en Stefan het juis beplan om hul kinders ver uitmekaar te kry, veral omdat hy so besig was by die skool.

“Jy wil mos ’n man uithonger,” het hy gelag toe sy hom vertel sy was swanger. In sy kop was daar nie eers sprake van ontrou nie. Sy was dankbaar, maar dit het die las net swaarde laat druk.

Die dogtertjie is gebore. Sy wou Johnny in haar enigheid onthou en het haar Joanie laat doop. Haar verskoning, toe ouma Fiena wou weet hoekom, was dat daar al soveel Fienas was dat hulle genommer moes word.

Stefan was in sy element. Hy het nou werklik tyd gemaak waar daar nie tyd was nie. Toe sy ’n bietjie groter was, het hy haar saam gevat na al wat sportgeleend-heid was. Seker die dat Joanie dan ook so versot op sport is.

Joanie het dan ook as onderwyser gekwalifiseer en het haar eie woonstel gehad wat sy nou opgegee het, om terug te trek huis toe om na Melanie om te sien, die vrou wat haar nie wou hê nie. Dit het haar skuldlas vererger. Die motorongeluk het haar verlam gelaat en Joanie wou niks daarvan weet dat iemand anders na haar ma omsien, sonder haar toesig nie.

Stef vlieg dadelik huistoe, toe hy van die ongeluk hoor. Sy het haar seun vas-gehou en haar oë uitgehuil, nie omdat sy verlam was nie, maar omdat sy so dank-baar was oor haar sorgsame kinders, oor haar dogter, kind wat sy nie wou hê nie, wat haar nou met soveel sorg versorg en sÿ, haar nie kan vertel wie haar werklike pa is nie.

Joanie kyk altyd met soveel trots deur die album en merk eendag terloops op: “Ek lyk nogal baie na oom Johnny, Mamma. Ek wens ek het hom geken. Het hulle hom nooit opgespoor nie?” Dit het meer as ’n sluk gekos om die knop in haar keel afgesluk te kry. Die kind sal nooit haar pa ken nie.

“Ja my kind die Maree’s trek almal baie na mekaar het jy al opgelet?” Ek laat my kop sak.

“Is iets fout, my moeder?” vra Joanie as sy die nat waslap uithou, “vee af Mams se gesig dan sal dit beter word, ek dink Mamma moet nou gaan lê.”

“Dankie my kind.” Here wat doen ek aan die kind? Vertel ek haar of nie? Om asem te haal raak al moeiliker, “Help my Vader, vergewe my asseblief, bewaar my dogter. U weet dat ek nie soveel smart kan agterlaat nie. Niks hiervan is hulle fout nie! Help my asseblief!”

Melanie sien hoe Joanie vir haar pa koffie bedien waar hy in die leunstoel in die hoek van die kamer sit en boek lees. Sy gooi sy bene toe met ’n kombers, soen hom op die voorkop.

“Nag Pappa-lief, nog iets voor ek gaan slaap?”

“ Dankie, my dogter. Kon jy jou nasien werk klaar kry? Ons hou jou so besig.”

“Nee wat, Paps, tant Ellie doen alles, ek hou maar net ’n ogie, moenie be-kommerd wees nie. Ek sê net gou vir Mamma nag, dan gaan kruip ek ook in. “Nou, Mams, wat se gehuilery is dit die? Het Mamma pyn?” Melanie vat haar dogter se hande saam en snik:

“My liefste Joanie, die kind wat ek nie wou hê nie, die kind wat ek amper abor-teer het, wat sal ek sonder jou doen?” Melanie snik so dat sy amper nie asem kry nie. “Vergewe my, asseblief, vergewe my!” Joanie hou haar ma syf vas:

“Waarvan praat Mamma? Vir ’n beter Ma kon ek nie vra nie en beter ouers is daar nie. Daar is niks te vergewe nie Moedertjie, raak nou rustig, droog af daai trane en los die verlede waar die hoort.” Met die wysheid van haar biologiese vader, bring sy dogter klamte.

Dit is beter om met my verflenterde tjalie wat oorbly liewer graf toe te gaan. Met my  skuld wil ek hulle nie belas nie.

 




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • Anze het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • MC Horak het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • MC Horak het ‘n nuwe publikasie gemaak