Eensaam
Wanneer die abstrakte afwesigheid van jou frekwensie-draende teenwoordigheid soos bliksemstrale deur my verlate kosmos eggo om verduisterde vlaktes te verlig, weet ek; nou dat jy weg is is alles weer reg. © Caren Kearley Kopiereg Voorbehou
Vandag se wag
Jy’t geweet ek wag; oopbek soos Bainskloof se klowe vir ‘n ster beligte nag. “Toe lag jy net, soos ‘n Langstraat slet.” My twaalfde uur het gekom en stil-stil gegaan. Klowe het hul howe gebowe, en jy het letsels vol rowe; vars bloed belowe. Nou wag ek nie meer want die seer het geleer om […]
Besoek aan ‘n grafkelder
Wit is die lelies in jou tuin; ek staar verwilderd na die windharp wat sag op jou stoep wanklank soos die giftige wasbleek warmte wat jy eens om my wou walm. Selfs vrede skuil hier in donker skaduwees van tuinstoele wat lustig na mens wink. Ek klop weer aan die toe deur perfek pas alles […]
Gebroke denker
Ek sit hier op ‘n rots, starend na gebroke branderskuim wensend dat ek ons wêreld reg kon dink – sout versoet donker verlig, of vere vang voor dit val; dalk met ‘n nuwe Einstein-teorie oor gebrokenheid Murphy se wette kon herskryf om perfeksie te vervolmaak. Bitter blou van ons oseaan, hemel of lugruim met sienende […]
gevangene maar vry
as die laaste lewensnote wegsterf breek sy boeresiel vry vry van die kap-kap eggo in aardkors gange vry van die blikhuisies se dronk moesserny waar vrouens en kinders met honger oë kyk waar mans soos hy hul sorge aan Bacchus bely vry van die hel van ewige hoes vry van die stad se slawerny dan […]
Die ongenooide gas
Ek kom sonder dat ek jou ken, of jy my genooi het om my ander wang ook te draai – ritmies op die klank van “ in my lewe” soos Mathys dit aflys, en ek dans met my hoepelbeen op jou voorstoep want jou voordeurklokkie het ‘n dowwe dong-dong deuntjie wat die mis voor my […]
Die BEVOLKING as ORGANISME
Die Bevolking as Organisme ‘n Volk is ‘n organisme. Dit wil sê, dit is ‘n lewendige wese wat (te enige tyd in die verlede) gebore is en (te enige tyd in die toekoms) gaan sterf. Dit beleef groeifases of -stappe, dit vorm organe (Bv. ondergroepe wat ons stamme noem), kan deur ‘n oorlog of natuurramp, […]
Boemelaar .
Verwaaid soos die sand van ‘n Afrika woestyn stemloos vergete soos ‘n ou landmyn Nêrens jou naam op ‘n rekord gepen of per abuis ‘n ou gelukkie te wen Flenters jou hemp en ‘n baadjie wat stink van brandewyn bloots sonder skaamte te drink Vuil jou trane Na myle se loop Blik-skud op straathoek Jou […]
Boemelaar
Boemelaar Hy staan verslete langs die pad. Uitgestrekte hand om te bedel vir ‘n rand. Wat het hom daar laat beland? Het die lewe hom heeltemal afgemat? Verskroei, verkreukel en verslae, staan hy langs die pad vir dae. Soms kry hy ‘n sagte brood, ander kere ‘n harde woord. Hoekom bly hy daar staan? Skaam, […]