Sigaar Meisie
Virág giggel oor die nuwe plakkaat op die muur: “In compliance with the 18th Amendment NO intoxicating liquor allowed on the premises.” Reg langs dit is ‘n toring sjampanje glase gevul met die glinsterende, borrelende drankie. Die orkes speel die wonderlikste klanke – jazz. Ongetroude paartjies dans wild op die musiek onder die bruin-geel ligte […]
Blomme
Blomme Vers 1: Eendag is eendag Dan is alles verby Eendag is eendag Vir jou en vir my Vers 2: Eendag is eendag Dat die son nie meer skyn En al die tydelike dinge Onherroeplik verdwyn Koor 1: Maar vandag het ons nog kans Om alles reg te maak Ons het nog kans om lief […]
Vat My Terug Na Die Platteland
Vat My Terug Na Die Platteland Vers 1: Ek onthou nog daardie dag Toe my hart nie meer kon wag Vir die stad se liggies Om my drome waar te maak Vers 2: Maar iewers hierso op my pad Het die goue liggies van die stad verdof En hul glans verloor Wat bly dan nou […]
Dink Aan My
Bosse vorm ‘n ‘n kasteel binne ‘n kring menhirs. Die gekunstelde natuurskoon lok feë van alle klasse en nasies. Cian kan hoor hoe hulle giggel en speel in die gedenkteken vir die tandefeë en wonder of hulle nog onthou wat ‘n eeu tevore gebeur het. Hy maak sy oë toe en laat herhinneringe oor hom […]
Verbruikers
Wil die hang druppels aan wingerd stok gepomp van son vol koolhidraat, hê. Hande rek elastiese prop verby die breek punt vingers verstok in pyn, verniel. Oor spoel met lus vir aardse goed, dié druiwe sap versaak in asyn.
Die verlore kuns van aanraking.
Die verlore kuns van aanraking Ons giggel half benoud, half in skuldige herkenning wanneer ʼn vriendin die opmerking maak dat sy nou en dan die dokter besoek “sodat iemand aan haar kan vat”. Vel-honger – uitgehonger vir aanraking en sy is bereid om die dokter met ʼn halwe verskoning te besoek net om daardie behoefte […]
Kom gesels met my . . .
Hier onder die knus ou wilgerboom wat lui-lui sy takke slepend wieg in die wind waar ons as kinders kon speel en gehieme deel mekaar se sorge en wonde (met omgeedrukkies) wegstreel wis ek lank reeds jy’t vergeet van vrolike sonskynsomers en koesterknus winters jou menswees reflekteer ‘n seerkrykant teen onthou se skaduwand maak oop […]
Onaangeraakd
Onaangeraakd Voel jy my ontblote siel se diepslaapdroomgevoel? Kon dit maar skroomloos, minder broos, boomreikend beur oor blou-vêr heen en poog om ongesproke spreuke vas te vat om aan ons grense te verleen. Want my hart smag die holte van jou palm. Maar daar is spasies wat tussen ons talm: tegelyk tasbare storm en kalm’. […]
Oor grense heen
Ver verby hierdie blou berge anderkant die kranse waaroor die wolwit wolke lê doeriekant van die Karoo tussen die Gariep en die Vaal daar waar jou spore dwaal oor die wye vlaktes wat altyd wag op reën daar sien ek jou in geestesoë tafereel ek jou in beelde en in denke. Jou velskoen trap ’n […]