Adelike siele
Jy was dom om na haar toe te kom in haar hart te kruip eeue lank te wag, g-e-d-u-l-d-i-g agter haar dofste eng spieël kadawers van dieselfde klawers narkoties in die walms van jul stiltes hou jy aan om haar siel uit ‘n skulp te mes met jou segende vingers liefkoos jy elke primadeeltjie van […]
Woordspatsels: Bessie
In haar dae as Boete-Bessie kon sy ‘n stroom karre met ‘n enkele hand stop. Nou’s dit hulle wat haar hand bloot vol pille stop… Die kop is weer vol van jare se onthou. So trippel sy met haar platskoene na oom Thysie se kamer, want hy vat haar na die Lentedans. Hy het darem […]
Wag ‘n bietjie (apologie aan Totius se vers: Die Godsbesluit)
Ek dink jy pas soos wind in my hare asof iemand steel oor ‘n harp se snare en klank my holtes met die walms van jou adem want onder dié sluwe seisoen se sang babbel almal Babilonies sonder om te bloei, maar jou woorde wals s-t-a-d-i-g om my wêreld — eenkant in my koue winter […]
AFSPRAAK in ‘n PARK
AFSPRAAK in ‘n PARK [Na aanleiding van Neels Claasen se gelyknamige kortverhaal] ※ Die Duitsers was altyd onder die Hollywood grotes, as daarsteller, regissieur, tegnikus wat in die agtergrond met ligte werk, skrynwerker, toneelskilder – en as draaiboekskrywer. So ene was Curt Götz✽, wat die draaiboeke van ‘n hele reeks films geskryf het. Daartoe het […]
Oud word…
DIE SEL Die mure sluit jou af van Die werklikheid… Hier sit jy met ‘n naamlose Eensaamheid. Hier tussen die grys Mure van jou sel – KOUE sel! Jy moet aanneem dat jy Jou lewe gelewe het, Om ‘n plekkie in ‘n Ouetehuis te koop of Miskien nog deur jou kinders Se harde werk gekoop… […]
Onthou
Soos die verlede die hede bepaal bepaal dit ons geheue. Ons denke ons drome, beeldetuin van lewensweë. Waar sou jy gewees het sou jou geheue tot niks vervlou? Wie sou ek gewees het sonder dit wat ek onthou?
Kammalandse tannie*
Sy bak koekies vir haar blou koekblik, sy geur dit met amandel. Daar buite vlinder vlinders deur die vroeë môreson. O, die winterwind is stil vanjaar die wolke tint laventel – haar oë duif oor die vaalberg na ‘n ander plek en tyd. Sy onthou weer ‘n lankgelede, ‘n vrou wat jonk en mooi was […]
Junie 2017-projek -EERSTE
8 vm., 1e. Junie 2017 Junie 2017-projek — FAK Eerste! Die Hiefel en die Fiefel is op besoek by hul kammalandse Tannie in haar bosveldhuisie. „Ag, Tannie, sing jy van blomme vir ons.” „Kinders, kinders, díe tyd van die jaar is alles gevries. Kyk, selfs die bye moet pollen-ys lek.” Fluit-fluit, my storie’s klaar. Eerste! […]
Totsiens vir eers
Snuif-snuif spoeg hy ‘n sandjie, wyl wind die land stadig versand; goggas vlug na gate diep, donker, en dansende luggolwe speel oral. Als het vergaan behalwe ‘n maan, wat waghou oor vergete gedagtes van gister se toekoms vooruitsigte, hier agter gelaat vir die toekoms. * * * * Soos die rolbossie wat rondwaai, sonder enige […]
RESENSIE: Die film, KILL BILLY
Resensie: Die film, KILL BILLY Oor veertig jare het Harold Lunde [Sundquist] met sy vrou, Marny [Selius], ‘n lewenswerk opgebou: Die in Noorweë landwyd bekende Meubelhuis LUNDE, etwas vir elke smaak, en veral hoogste kwaliteit. En dan… en dan… en dan bou IKEA „die grootste tak ooit in Noorweë” op die aangrensende perseel. Binne ses […]