Dankie
Ek wil vandag dankie sê vir elke liewe persoon wat ander skrywers se werk lees en komentaar lewer op skrywes. Julle maak deel uit van ‘n baie belangrike deel in elke skrywer se skryfproses.
Elisabeth Eybers Huldeblyk
Dagsê vriende, môre aand (Saterdag) 6 uur doen ek ‘n huldeblyk op Skatkis Stereo, aan die legendariese Elisabeth eybers. Ja ‘n digter wat groot impak gehad het, op die afrikaanse literatuur, wat ook baie jare gedra het, sy was 92 jaar oud, toe sy in 2007 oorlede is, kom luister saam na die pragtige huldeblyk. […]
Nuwe dag, nuwe asem, ‘n groot Geskenk.
Soos die son opkom en ons weer geseën word met ‘n nuwe dag, kan ons dankbaar wees want ons ontvang ‘n groot geskenk. Ons het weer die kans gekry om saam te speel, en te lag, God het elke dag ‘n engeltjie nodig, ons moet mekaar altyd waardeer, dis vir jul ‘n goeie wenk. Vanmiddag […]
Droom-melodie
op die wysie van ‘n nuwe natuur-liriek speel die wind in mimiek met die geel-verbleikte Witstinkhoutblare op die maat van onhoorbare musiek ritsel daar in simfonie met sonbesie sang as fragmente van klank saamsmelt in ‘n streelsag droom-melodie © Anzé Bezuidenhout
Episode vier: In die middel van my tuin staan daar vir altyd ’n ryding
Die dae was skynbaar goed; die kalmte en wyn soet … Teen die einde van my derdejaar het wat eens ’n “surfer-image” jongman was, verander na ’n besige belangrike en ge-agte rolspeler in die studentelewe koekon. Die Nissan het plekgemaak vir ’n amper nuwe 3-reeks BMW met sy eie Baie Belangrike Parkeerplek op kampus. Teen […]
Op die asem van ‘n Pinksterwind
waar Pinksterwinde in lank vergete doringskrif vergifnisbriewe oor die aarde skryf hier waar sonde so welig bloei seerkry-wonde om genesing stoei as daglig dan skaam verby beloftewolke loer om stuitig vir die son te koer staar ons met splinteroë deur gebroke rame sien slegs ‘n spieëlbeeld van eie ego (in lasuurblou) vir dit – wat […]
God se Volgeling
Alleen het ek gesit, op koue vloer honger en so eensaam. foute het ek gemaak, en my sondes voor U belei. En vandag het ek werklik ‘n beter lewe, dankie Heer dat U my vergewe. Nou volg ek U elke dag van my lewe, en ek het geleer om mense wat teenoor my sondig, elke […]
Ek is jou man en jy’s my vrou..
Ek is jou man en jy’s my vrou.. Kosbaar is die lewe nou, ek is jou man en jy my vrou. In liefde sal ons saam lewe, tot die dood ons eendag skei, daai eerste keer hand vashou, nog jonk en nie voorbereid, Daai eerste keer onder die boom vry mooi is die lewe nou, […]
Versoek van die graf
Versoek van die graf daar’t ook eenmaal lank geleë koningsblou tulpe in my irisse geblom dit was die dae toe die son nog (ongerep) tinte oor my vel kon trek – die geur van nartjie in my ruik ontplof nou is my sawwe lyf ses voet diep begraaf – maar ek sien jou (steeds knielend) […]
Volledig
Volledig MensVolledig Mens Hulle sê ek is stom en dom ‘n “deaf and dumb” ramp, kan nie hoor en praat! Maar ek is ‘n lettervraat literêr tot baie instaat en van vriende nooit verlaat— Ek het sonder skroom ‘n toekomsdroom besield die durf in my oë weerspieël en gebaretaal my stem verwoord gedagtes ongetemd— Voortvloeiend […]