My konstant
My konstant Jy hang in die agtergrond van my lewe onveranderlik en steeds teenwoordig want jy laat my nooit alleen. Jy verwarm my gemoed en jaag my liggaams temperatuur volstoom die hoogtes in. Jy is my konstant wat my hart laat warm voel en my siel laat opkyk. Getrou groet jy my elke dag en […]
Woordeloos…
As my woorde moet verdwyn, sal ek niks meer he om te skryf. Sal ek sewe duisend keer sterf, want sonder om te skryf is ek niks, sal ek weer die ink in my are terug werf, dan word ek weer skryf fiks. Maar ek bid vir die om nooit te gebeur, want dis ‘n […]
Hey meneer Duiwel
hey meneer duiwel ek hoor jy hou van uitdagings… wel hier is een vir jou- kom breek my fokken hart ek dare jou kom soos ‘n brullende leeu in die nag kom verskeur my kom fok my op soos wat net jy kan ek dare jou kom ruk elke stukke seer uit my liggaam uit […]
In my wêreld
Here, dit voel asof ek nie kan sien wat U wil he nie Dit voel asof ek nie kan hoor wat U wil se nie Ek het weg geraak in my eie wêreld Here, niemand het eers na my kom soek nie! Dit was so stil, Here Ek was so alleen Het iemand ooit geweet […]
’n Verhaal op elke gesig
“Die gesiggies in hierdie deel van die dorp is darem maar iets om na te kyk,” sê ek en my kollega vir mekaar, so amper uit een asem, terwyl ons by ons prokurower se kantoor uitstap. Die skoon vars goed geklede vriendelikheid wat agter elke lessenaar en ontvangstoonbank vir ons groet, is in suur kontras […]
Fluisterstem
onder die wakende oog van pienk-wit jasmyn wolke dans tenger grassade en volg ek die rigting van jou stem wat liefde in verhalende trappe spel neem dit my na nuwe hoogtes, dra dit my met sagte engelvlerke op die simfonie van die wind waar engele met fluisterstem sag deur my hare kam © Anzé Bezuidenhout
Simson’s heuningstroop
sonder frustasie of swart gemoed ken jy die kronkel roete na my hart wasem die soet van jou asem oor die palm van my wang met ‘n sagte vlindervat blom begeerte roospienk soos perskebloeisels in jou kyk smelt ysriviere tot smeulende lawavure waarvoor tot die gerubs wyk in tsunami vloed jou hartstog oor die sagte […]
Briefie vir jou (2) …
soos soveel ander Sondae raak die dag teen namiddag leeg en dis dan wanneer ek in die hoogste graad intense verlange begin pleeg en toe ek netnou die son sien waar dit agter die bome wegkruip kon ek voel hoe jou verlange ook hier na my kant toe sluip ek kon aan jou arm raak […]
Blindelingse leidraad
tussen seewier en verrotte seebamboes wat branderry op golwe se rug is jou liefde my kompas, my ewige Suiderkruis wat met sterling die pad aanwys my voete weghou van blinde verdwaal ook die stofpad tot teer verhaal daar waar brandnekels en wilde-als verstikkend koek in die holtes van my keel kom jou streelsag stem om […]