‘n Gedagte weg
Ek is jammer jyt vergeet hoe liefde voel Ek is jammer dat ‘n dag so seer kan wees Ek is jammer jy moes soveel aande skree-bid en sonder antwoorde jouself aan die slaap huil Ek wil he jy moet sterk staan En als onthou wat ek jou geleer het Anders was my tyd saam jou […]
Ewenaar van ons dink
soos ‘n brandsiek koud-kry brak kom huil die klam winterwasem om die huis se westehoek, dit rittel en beef en vat-vat aan die naat van my corduroy-broek maar, in die glinster van my sjerrieglas vonkel sillabes van jou dink se loop en ontbrand as weghol vure wat warm deur my are bruis; kruis en dwars […]
Saphira die Spoorsnyer
Saphira hardloop saggies, maar vinnig, deur die fynbos hoog bo die see. Sy is oppad strand toe. Daar is nie baie plekke waar sand en see ontmoet nie. Meesal is dit maar kranse waarvan selfs ‘n Feëtjie Hond soos sy seer sal val see toe. Saphira stop skielik. Sy haal vlak asem. Sy is seker […]
N MERKWAARDIGE VROU
In antwoord op Arnold se plasing “Anze” wil ek hierdie merkwaardige vrou vanoggend salueer. Met die ineenstorting van die skrywersweb Woes het sy vrou alleen besluit om n nuwe skrywersweb Ink van die grond af tot stand te bring.. Vrou alleen het sy die finansies daarvoor bekom en saam met n paar getroue oud Woeslede […]
Waar is hulle… Kan jy die voëls hoor?
Die afgelope tyd het hierdie gedig en die pad soontoe weer woelig kom kuier… Kos vir ‘n Mossie vir ‘n aand Hennie Fritz [2014-02-19] Kom ons kyk vir die voëls, in die lang doringtakke, die digte plante, bosse, kossoekend op die grond. Dis vroegaandtyd en moeder aarde is koel, die lug is soos ‘n rivier […]
Oorwinningsgloed
soos ongesuurde brode het die oudag in jou oë gebreek terwyl jou mond sag oor die wonder van Pasga spreek – dan het die oewers van jou Eufraat wreed in twee geskeur tot waar die souttraan oor jou wange, die dors moes voed laat die bitter beker eens verbygaan; vergeef dan tog hierdie wanhoopstraan, en […]
In die soepelheid van jou krag
soggens as die kartelson in warboel met klanke van geel oor die Westerkim ontplof dartel die tortelkoer van genadeduiwe soos ‘n heil’ge siterspel op fladdervlerke na Bo Tambotieboom in die bruingloed van henna en rooiborsduif wat in blare soos granaatpit in skarlaken blom en iewers in die agtergrond die Neushoring wat binnemonds brom met malse […]
Gister se as-spore
brandend lek dit pit van jou hart se lig in felle kompetisie met die sterglans wat flikvlooi dans met die sneeuvlok vallend deur die lug voltooi so die sirkel van ‘n halwe maan skets die klippe van die kaggel jou innige diensbaarheid in eelte van diepe omgee brand die knetter-vuur van jou liefdeswoorde dieper as […]
Rasperspore
deur ontelbare spasies lê die rasperspoor van onthou tussen geraamte stasies wat stil in gedagtes oopvou kniediep deur lawa-vure gekruip wat jou kool-verskroei tot daar waar jy versuip en voel jy kan nie meer bloei bitter, sout en pekel dae waar jy soos Lot’s vrou versteen onder koue woordslae wat sny tot op die been […]
Hier lê Genade
Waar ek na jou naak barheid staar sonder enkel druppel reën wat val huisves jy reptiel en menig’ plant wat jy tog uit droë woestynstof moes baar As miskombers karos oor jou piek besef opnuut dat Skepperhand se bergengele vrylik hier waak want aanskou elk boom, plant, rotswand uniek Soos vader son se goudstraal kwas […]