Dood waar is jou angel (450 woorde) – Brons
My ervaring om ‘n begrafnis in “lockdown”tyd by te woon, het my tot die besef laat kom dat Covid-19 ons nie net fisies en emosioneel kom inperk en afsonder het nie, maar emosioneel groot skade berokken het. Alhoewel ek hartseer is oor die verlies van ‘n familielid, was ek ook heimlik opgewonde om weer familie […]
Elegie aan Carma Shaw
Soos ‘n gewonde duif was sy wat bewe in haar seerkry en haar vrees die ongenooide bitter gas wat stadig homself versadig aan haar vlees en sy, die een met liefde in haar hart en soveel deernis vir haar liefde in sy smart, wat moedig veg en beur vir nog een oomblik, nog ‘n skansing […]
Net die nag sal weet Silwer
Die druppels is koud. Nat spoortjies vorm teen Dawie se gesig waar hy skuiling onder die groot Jakaranda probeer soek. Hy skrik toe ‘n blits ‘n paar meter van hom af teen die grond vasslaan. Vannaand sal hy teen sy wil by Door of Hope moet gaan aanklop. Die wolke word donkerder en die wind […]
Vergifnis
in die loopgraaf van my gemoed skink ek vir oulaas ʼn kelkie bloed tussen vergeelde liefdeswoorde lê vele vergete beloftes verdwaal in rym en akkoord want jou dade het dit weerspreek jou hande tussen waarheid en leuen verdwaal geraak die teenoorgestelde begin praat nou staan ek hier voor jóú loopgraaf en strooi reuklose blomblare hef […]
Abrahamsoffer
op die sandvlakte van die Kalahari pryk ʼn houtaltaar – die baldakyn van gras onwetend in afwagting vir ‘n opdrag van die oppergesag om op ʼn bepaalde tyd en sabbat sy Abrahamsoffer te laat ontvlam onskuld met ootmoed te verswelg tot roet en as geen plaasvervangerlam of offerbrood vir dié spesiaal voorbereide liefdegawe hierdie keer […]
week
saggies vryf sy oor sy kop vryf die yl haartjies bymekaar van eerste aanraking was dit so die gevoel diep in haar moederhart min sou sy toe kon weet van die smart wat dalk nog haar deel sou kon word toekoms het geen deel van daardie salige oomblikke van aanraking lewensloop verloop soms vel week […]
KUIERS BY MY OUMA OP UNIONDALE 3
Of daar nie wragtag met my volgende kuier by my ouma wéér ‘n begrafnis is nie! Díé keer is dit ‘n van ‘n geliefde familielid wat afgesterf het en word daar ‘n properse familie begrafnis gehou. My ouma se susterskind is dood. Antie Bybie is dood in haar kombuis voor die stoof aan haar hart. […]
Die Groot honger
Nog ‘n dag. Soos gister en die dag voor dit, is dit die honger waarvan ek eerste bewus word. Altyd honger. Daar is nooit iets anders nie. Die gevoel van die onbevredigde behoefte in my maag. Hulle sê die oorlog is verby en Hitler is dood. Maar die oorlog gaan vir jare nog aanhou. Dalk […]
Soet wraak van Herodias
die maan verlig die donker sel, gooi sy strale oor die apostel wat met sy moeë lyf teen die growwe muur stut hy sluit sy oë in gebed terwyl die hoonlag van besope hoëlui onheilspellend naderkruip sy gooi haar heupe sywaarts en met ‘n wulpse beweging swaai sy ritmies in sinlike genot voor Herodus Antipas […]
Snipperseer
Snipperseer (BRONS) Ek sál weer perskes pluk en inlê; in absentia vir jou dankie sê dat ons saam kon plant en groei en blom. Wie kon weet jou winter gaan so skielik kom? Al my jou-onthou bly nou gebottel binne my; sal my snipperseersoet deur die droogtetye lei. ©ASvdMerwe