Vrees vir vrees
(2293 Woorde) Franklin D. Roosevelt het mos gesê mens hoef niks meer te vrees as vrees self nie. Maar dit is absolute snert. Die werklikheid is daar is geen vrees so kragtig soos die vrees vir die onbekende nie. En as jy mooi daaroor dink, is die enigste onbekende aan die einde van die dag, […]
Die dood kom in stilte
Korhaan hou oor donker waak; stom is die stilte slaap met ‘n swartsluier in ewigheid bedek in ‘n laaste lêplek kus- my trane tot jou eer. © Morné du Preez
Tannie Tokkie Toeter en die lykswa
Tannie Tokkie Toeter was ‘n baanbreker. Dalk nou nie ‘n baanbreker soos Marie Curie of Katherine Johnson nie, maar op Philippolis is die verwagtinge darem ook maar anders as in die stad. Nee, tannie Tokkie Toeter het genoeg geld gehad om altyd die nuutste en beste van enige iets te hê. Sy was byvoorbeeld die […]
Verganklikheid
‘n lewensvlam word brandgesteek met eerste asemteug flou, flikkerend deur skadu’s omring voortdurend die wedloop tussen uurglas en lont met elke asemteug só terstond dreigend die stormwind van siekte of geweld meëdoenlose wedywer om voortydige blus maar, genade suurstof lig laat hoop telkens opvlam met wil om te veg gedryf deur oorlewingsdrang met uurglas se […]
IMMUNITEIT en KWARANTYN Deel 3
IMMUNITEIT en KWARANTYN Deel 3 Hoe gaan dit nou lyk wanneer die wêreldwye doodbringende, besmetlike siekte verby is? Wat gaan oorbly? Sewe, miskien ses miljiard mense met vrolike gemoed wat optimisties in die toekoms kyk? ‘m Wêreld met drie of vier miljard stinkende lyke wat opgeruim moet word? ‘n Geselskap met infrastruktuur wat werk, […]
Verrassing Vir Twee
Ons is alwéér oppad dokter toe. In die hitte. In die kar sonder enige lugverkoeler. Ek druk my kop so naby aan die oop gleufie van die ruit as moontlik. Ek weet ek is siek – ek is nie dom nie. Maar hoekom moet hulle elke dag ‘n nuwe toets doen en my inspuit? Die […]
Vêrgenoeg
Daar aan die anderkant van stil en weet lê ‘n vêr uitgestrekte land met ‘n groendal-dal wat saam die vroeë misstemme roer is ‘n plaas genaamd Vêrgenoeg- die ou-ossewa spook van ‘n ou-geskroeide boer van ‘n ou-verskroeideland, van bloed en sweet vir leef en laat leef van droom en nooit vergeet; ‘n John Deere trekker […]
DIE DAGGA EN DIE DWELM KULTUUR IN SUID AFRIKA
(Hierdie is my eie ondervinding van ‘n Suid Afrikaanse dwelm kultuur waarvan ek deel was vir ongeveer 35 jaar, hierdie is ‘n uitreksel uit my biografie REDE OM TE GLO) DIE DAGGA EN DWELM KULTUUR IN SUID AFRIKA Vanaf die sestiger jare tot in die laat sewentigs het die dagga en dwelm wette swaarder geword […]
DIE WETTIGING VAN DWELMS
So ‘n rukkie terug ‘n artikel gelees nadat Dagga gewettig is dat hulle oorweeg om soos in Holland alle dwelms te wettig, dit mag nie gebeur nie. Ek kan nie saamstem dat dwelms gewettig word nie, laat iemand wat dit voorstel eenkeer LSD vat of ‘n lyntjie snuif, of Tik rook vir daai argument en […]
4 uur op die snelweg
die nag is somber swart en koud die donkermaan se hiperbool swaai ‘n sekel oor die sand ‘n yswind suis uit hoeke uit en die snytjank van ‘n jakkals eggo rillings oor die land in hierdie vasgestelde uur soos ‘n mistiese swart slang wat die dood se engel aansis lê die snelweg stil en wag […]