Trane vir my Troebadoer (Silwer)
Die strate is stil sonder jou êrens op ‘n bankie in ‘n park sit ‘n klein tortelduif alleen sy jammerkoer eggo teen beton eensame kantoormure waarvan glasdeure geslot en geketting is spookpersoneel spartel om kop bo water te hou vasgevang in ‘n ekonomiese virusvuis wat alles wil versmoor ook vir jou jou stem is stil […]
Anderkant die Spoorlyn
Anderkant die spoorlyn lê ‘n blootsiel in die as, kognitief verslete in ‘n vaalbruin tonteljas. As ‘n roeper vir die vryman (uit dié se eie regterstoel, sê maar, sy selfbenoemde amp) is sy doel gedien ter aarde, in die flikkerende ligsein, van die kondukteur se lamp. Nuutskeppings # Blootsiel – ‘n mens wat meer as […]
Liesbet ontsnap
(1038 Woorde) Ek’s nie seker of ek geslaap het of wat nie. Ek het net bewus geword. Ek het bewus geword van die styfheid in my hele lyf. Asof ek gister gehardloop het en daar te veel van my spiere verwag was. Ek het my oë oopgemaak, maar alles was steeds stikdonker. Nie donker soos […]
Goodbye Blues
Met ‘n lem of ‘n kapsule word ‘n asem verewig gestoor onder die getuienes van die sterre. Die bloedjonges by die huis wonder elke sekonde waar hul mammie is wat stories vertel en soentjies blaas. Niemand kan verduidelik dat sy die ewige se langvingers geroep het met ‘n soekende stem nie. Geen meer ‘ek’s lief […]
Blomme
Blomme Vers 1: Eendag is eendag Dan is alles verby Eendag is eendag Vir jou en vir my Vers 2: Eendag is eendag Dat die son nie meer skyn En al die tydelike dinge Onherroeplik verdwyn Koor 1: Maar vandag het ons nog kans Om alles reg te maak Ons het nog kans om lief […]
Gebed vir Suid-Afrika
Gebed vir Suid-Afrika Vers 1: Liewe Heer Hy het sy vrou en kindertjies nag gesoen Dit was die laaste iets Wat hy kon doen Vers 2: En die son Het vir hulle nie weer opgekom Want ‘n moordenaar Loop nie weg met kaal hande Koor: Hulle dink hulle is God En kan lewe neem Die […]
Godsverlate
(Goud) Die bloukraanvoël het net ’n veer gelos teen die versletevaal ou baksteenmuur (naas die oop deur van ‘n leë wolskuur) tussen doringstruik en granatebos. Net toe die laatson oor die einders blos en skarlakenrooi oor die hemel vuur; toe ’n wolkie stof oor die stil werf stuur het selfs sy oplaas van die grond […]
Hulde Aan Ons Helde
Vers 1: Jy het jou ma daar sien staan Met ‘n bruin koevert in die hand En ‘n traan op die wang Sy het stilweg geknak En haar oë het verklap sy is bang Toe sy jou tas help pak Vers 2: Daar was ‘n seer In jou pa se oë Soos jy dit nog […]
Dink Aan My
Bosse vorm ‘n ‘n kasteel binne ‘n kring menhirs. Die gekunstelde natuurskoon lok feë van alle klasse en nasies. Cian kan hoor hoe hulle giggel en speel in die gedenkteken vir die tandefeë en wonder of hulle nog onthou wat ‘n eeu tevore gebeur het. Hy maak sy oë toe en laat herhinneringe oor hom […]