Stil is jou groet
’n Woord tussen jou en my, ’n gedagte op ’n blaadjie is jy, te kort ’n gedeelde vriendskap, te gou jou stille slaap. Lewe en dood wat ons nou skei, te min ure gewei, wou nog deel in jou mens wees, nou deel ons in die gees. Ek voel nog jou seer, in jou oë […]
‘n Slagveld
Jou siel ‘n barre slagveld… ‘n weeklaag van ‘n gewonde, wat eensaam lê en roep – oor ‘n aarde van geweld. Sy wonde menigvuldig, sy pyn en smart lê en bloei, die verbande is deurweek, en niemand is hom verskuldig. Hy weet die duister is daar… en hy kan daar niks aan doen hy’s alleen […]
Onbekende Fietsryer
Half agt… Die verkeerslig slaan groen – nie een kar beweeg nie, my oë soek en verstar… Gistraand het jou oë dalk nog – aan die melkweg gehang… met jou asem wat sug soos die nagwind en warm wasem uitlaat wat die koue wou vang. Gistraand het jou lyf dalk nog – die linne gekreukel… […]
Wie is oordeel?
Wie is ek of wie is jy om ander te stenig met ons dwaasheid, om hul te vertrap terwyl hul lê? Jy sien net wat jy wil sien en jou oordeel is jou nie beskore nie, maar nogtans is jou tong vlymskerp en braak jy gal uit oor ander – Wie is ek of wie […]
‘n Kierang dans
Jou silhoeëtte – ‘n dansende vlam, af geëts in die sluit van ’n oog, ’n halwe skadu jou beeld, my gevoel ’n enkele monoloog. ’n Dans met die noodlot, kortstondig ’n liefde wat bloei, ’n leeftyd se lief, ’n enkele saad wat groei. Kierang, kierang ’n rou hart, wag ek nogsteeds – ’n halwe smart, […]
Nanag onder die maan
In die nanag se geboorte … hang my gedagtes aan die perdeskoen maan, sit ek hier in my warm pondokkie, en verlang na jou my bokkie. In die nanag se geboorte … kelk my hande om jou gesig, beskerm ek jou beeld, reeds in tyd geweek. In die nanag se geboorte … waar rus jou […]
Gee my jou hand
Gee my jou hand Jan-Hendrik maak sy oë stadig oop. Die aanbreek van die nuwe dag wys teen die gordyne in die kamer. In die skemer sien hy die vae lyne van die skildery teen die muur; die spieëltafel in die oorkantste hoek. Hy sien die blomme in die vaas wat sy skoondogter gister op […]
Avondskelk sonder woord
Die Avondskelk van jou liefde het my gevoed nadat doodskaduwee van my gedors het… daar het jou aanraking my flenter gemoed gebalsem teen natuur se aanslae en wet, jou lag was my baken wat oor horisonne strek en ek het geglo vreugde is my tog beskore al was ek eens totaal en al verlore, met […]
KNALLEND
KNALLEND knallend draai rookspiraal sjor-sjor warrel skadu’s bars grou-grys walms alom morsdood © Eleen Van Deventer Vorster
FLUIT-FLUIT
FLUIT-FLUIT… vandag gaan ek vir jou ‘n sad-sad storie vertel ‘n verhaal van ‘n lewe so grou van pyn soos net in die hel hoe verklank ‘n mens seer hoe verwoord ‘n mens leed van een wat allenig probeer met God die enigste wat weet vandag gaan jy als in skelrooi lees die klein bietjie […]