MOORD SLAGTING
MOORD SLAGTING Moederaarde het senuwees van staal moederaarde het geval vyand het nie op hom laat wag lekker in sy mou gelag geboei en haar verkrag skiet haar koelbloedig op die slag moord het sy nie verwag moordslagting het hy vermag Eleen van Deventer Vorster *Neologisme/nuutskepping: – moordslagting (moord + doodslag); (skiet + skoot) Engels: […]
Aan die slaap
Aan die slaap Terwyl ek nog slaap my oë gesluit agter my geslote deur die nagklanke ver ek onversteur het êrens onbekend ver, ver weg van my ‘n man en pa ‘n vrou en ma ook ‘n kind op ‘n plaas onnodig seer gekry . . . Bebloed en seer diep gesteek, verkrag, vermink tot […]
Steeds
Steeds In die laatnag donker net voor dag se bleek oor die plaaswerf breek het hul ingebreek honde en mense doodgesteek ‘n ou man en sy vrou se lewens gesteel ‘n hele nasie bloedig verder verdeel . . . In die oggend het ons opgestaan oë gevryf en wyd gegaap maar deur dit alles was […]
R.I.V.
spierwit lê leë witmossel skulpe skoon gewas in soutwater deining geskrop deur sandbedding en rotse leë halwe doppe van die verlede wie onthou die glibberige slak met voelers wat daarin was byna geen spoor van hom spierwit lê sand bestrooi oral in weskus tuine op randakkers om mooi te lyk so lyk wit kruise ook […]
Die eerste skoot
(Oorspronklik geskryf vir Microcosms, met die porre “komapasiënt”, “melkwegoorlog”, “memoir”.) Hierdie keer het hulle nie vir ons myne gekom nie, maar vir ons ander hulpbronne – skoon water in oorvloed en goedkoop arbeid. Die oorlog tussen die kolonie en Aarde was oor in ses dae. Ek het wakker geword op die dag wat dit geëindig […]
Die uurglas
Die uurglas Kosbare korrels rol ongesteurd vasgevang in gravitasie se tuit waar niks hul tuimel stuit beur deur vernouing ongedeerd. Kosbare korrels vryval ver na benede betaal dan dadelik die hoogste tol as laaste oomblikke oombliklik stol die maatstaf van ʼn verlore verlede. Waarheen tyd verdwyn kan ons net raai jou sand sal spoedig ook […]
Die boontjierank
Die tuinier tuur boontoe na waar die prinses heen en weer voor die venster van haar toring stap. Dis nog donker buite en hy weet dat van die lig wat vanuit die kamer skyn lig is wat van die fyn goue drade, wat die dwerg binne die kamer spin, af reflekteer. Die goud wat die […]
ek dink aan jou
ek sit en brei met die kleure van die heide regs, regs, regs, aweregs een oog op die breinaalde en wol wat moeiteloos ’n band vorm regs, regs, regs, aweregs een oog op die selfoon wat gaan lui, sal lui, moet lui regs, regs, regs, aweregs een gedagte op steke en syfers en spanning om […]
die klippe roep luid
in pakhuis lê opgevoude kartonne gebind met maskeerband doodstil lê die bokse geen geluid kom daaruit vreedsaam lyk dit op die oog af maar daarbinne lê verlore kinders dogtertjies en seuntjies gekaap om as slawe vir sekshandel te verhandel gesmoor met dwelms vir dertien uur uitgevoer soos vrag opgeveil soos vee vir altyd verlore vir […]