Politiek
toe ons nog laaities was was dit cowboys and crooks en vyf sent ruiter in swart books veertig-vyf en vyftig volgende in die ouetéhuiskoor of tot iemand ons vermoor ‘n sosiale dilemma vinke op die draad bobbejane in die straat dissprin en bottelsgin mister min het die kak begin- toe ons laaities was en niks […]
Die legende van C.J Langenhoven se trem (silwer)
‘n Kalfakter sou nooit so iets kon bedink van koen koers vlaktes in en berge om met ‘n reuseskilpad aan’ ie stuur- uiteraard slaan ‘n ‘Herrie’ los Oudtshoorn tot by De Rust was Herrie hemelsgroot klagtes sou almal dien van die reuse ding aan’ ie stú C.J sou hom nie aan hul steur want hierdie […]
leeg
– die leegheid van my baai kan dui op spring gety wat aankom dit is dalk ook net baie lae laagwater die ontblote klippe lê soos siele daar siele wat ontbloot word deur iets totaal buite hul beheer – die leegheid van my hart dui dalk iets traumaties aan iets wat my soos ‘n dwarswind […]
Erin
“Sinneloos, magtag, het jy in jou lewe iets meer sinneloos gesien,” en hy slaan die groot vuis op die tafel hier langs my sodat die koffie bo-oor die rand stort. Ek ken Bart Groene seker twintig jaar, nee ses-en-twintig jaar om presies te wees, en nooit het ek hom so ontsteld gesien nie. Hy draai […]
Dramatiese optrede
Droom oor eendag van ‘n kaal woestyn, ‘n onstuimige see of van ‘n oomblik waar jy volmaaktheid vind Die riffels in die lewe is soms ‘n verskrikking vir alle mense aardbewings, oorstromings mynstortings hoe hanteer mens al die rampe Is jy dalk verslaaf aan al die, soms negatiewe opwinding sonder vrede en kalmte dramatiese familiepatrone, […]
Motiverende skrywe aan skrywers vir die nuwe jaar.
Daar is iets aan skryf wat die gedagtes losmaak en die tonge laat wapper. Skryf gee ons die vryheid om dit te sê wat ons soms bang is om te uiter. Dit help ons om ons gedagtes te orden en om nuwe perspektief te kry. Hetsy in ons lewe of tydens ‘n krisis. Ek dink […]
Kruispad se keuse
K euses elke dag teerpad grondpad R eg verkeerd sandpad hobbelpad U itgeloot uitgelewer lewe se dobbelspel I nsit uithaal opstaan neergeploeg S woeg-swoeg en sweet spartel-spartel P loeter of lag ek voort? A semhaal in uit besef als is net D éigratia … ©Anita van der Walt 18/01/2022
Gister, vandag, en elke dag wat kom
Gister, vandag, en elke dag wat kom Gister- ‘n Wonderlike dag, die byvoeg van ‘n nuwe jaar Gee geleentheid vir oordink van wat bly oor, en wat is klaar Bring die onthou van die pyn, en die versekering, daardie trane is reeds gebaar Bly ons diepste onthou, die vreugde van die herroep van die liefde […]
Generasies
’n kindjie gebore ’n dogtertjie klein en fyn ’n oorlogswesie … ’n weggooikind spartel sukkel swaarkry rateltaai geleef onder die broodlyn ’n kindjie gebore ’n dogtertjie klein en fyn Ouma het my geleer van Jesus ek’s ’n kindjie klein tot sjuut luister hoe sag fluister-fluister die wind ’n kindjie gebore ’n dogtertjie klein en fyn […]