Net ‘n klein stukkie been
My pa is dood nadat hy beesborsstuk geëet het en ’n stukkie been ingesluk het. Die beentjie het ’n gat in sy slukderm gesteek. Ongelukkig het hulle nie dadelik besef wat die fout was nie. Hy is met ’n erge pyn in sy bors dokter toe. Die dokter het hom dadelik na ’n spesialis verwys […]
Aandadig aan moord (Silwer)
Verwoed gooi ek wal toe Boet eendag by die huis aankom met ‘n klein, sagte bondeltjie, maar die oomblik toe hy haar versigtig in my hande plaas, is my hart verlore. Die verskonings was gou vergete met die bang, kloppende hartjie teen my vingerpunte. “Toemaar” troos ek sag, “hier is jy veilig.” Sy was die […]
Soos die Val van die Dobbelsteen
Wanneer sy haar mediese tas vat en begin stap in die rigting van die uitgang, voel sy die rugby bal haar liggies teen die kuit tref. Sy draai terug, sien hoe die hele span in afwagting wag vir haar reaksie, skielik is sy lus om hulle terug te kry, en sy weet, sy kan. Sy […]
Spore van onthou
Spore van onthou Daleen draai die kar se venster wyd oop toe sy oor die bekende brug ry. Vir ʼn oomblik oorweeg sy dit om by die klein parkeerarea in te draai en soos die oorsese toeriste te vinkhang oor die reling. Daar is nog baie tyd vir dit, herinner sy haarself. Regs by die […]
SÊ DIT WEER
SÊ DIT WEER Hy maak sy oë toe, weet nie eers ingroei toonnaels kan soveel pyn veroorsaak nie, ‘Die vervlakste Amerikaners met hulle tien gemiddelde skoen grootte,” en hy kyk na sy nommer twaalfs, sien die blase aan sy voete, en is seker hy het nog nooit soveel pyn gevoel nie. Hy probeer sy gedagtes […]
Hoe diep die vreugde
Hoe Diep die Vreugde Die skok tref hom soos ʼn vuishou op die hart, ‘Rastor Battle, ʼn baie jong Rastor Battle’, flits dit deur hom, maar dit kan nie wees nie, dit weet hy. Hy sien dit asof in stadige aksie, die oopswaai van die luukse motordeur, die pragtige hakskoene met die perfekte enkels en […]
Stilte se boodskap.
Sag vou Stilte haar kleed om my en wys my die pad van herinneringe al ligvoets dansend in die mooi van haar kleurvolle kleed stap ek agter haar aan op hierdie kronkellende pad van onthou tyd het gestol in hierdie stille uur toe sy die fluisteringe van gisters diep in my hart kom neerlê o, […]
Heuning op die tong.
Heuning op die tong. So kom ons op die punt waar die jaar letterlik op sy rug lê. As ʼn ywerige aspirantskrywer en digter probeer ek om vir oulaas in 2021 my gedagtes te verwoord. ʼn Baie interessante projek laat my tone krul en die woorde warrel omtrent heen en weer in my kop. Vir […]
diep
– uitdrukkingloos staar hy oor die see sy hele wese daarin meegesleur slegs die wat hom ken sal verstaan wat onder die verweerde plooie aangaan eeue se meeue het dit skor ingeryg klanke wat woorde skeppend rig aan almal wat bestaan – verstaan wat seewaarts kyk om wysheid uit die aardse gloed van geil goedheid […]