‘n Kwessie van Klas
ʼn Kwessie van klas Dertig stemme, en al wat sy hoor is haar hartklop. Dertig gesigte, en al wat sy sien is een gesig. Daardie gesig wat die lewe in haar aan die gang hou. Sy vergeet al die duisende dae wat verby is, onthou net daardie eerste dag en hierdie dag. Hy is hier, […]
Winterspore Silwer
Winter se asem maak wit wasem teen my ruit sy kromhoutvingers is koud en klam wanneer dit om my hart kom sluit sy jas se punt sleep saggies deur die boompies in my tuin en laat dan tuimelend in kleurewonder ‘n helder blaremat verskyn sy trane drup kristalwit op die bleekgroen van die gras en […]
uilspieël gesels
– om te glo dat daar ‘n pandemie bestaan is soos om die branders uit die see te ruk die stert uit die hoender se lyf te ruk die donkie se heee-haaa te stop die meeu se skor kort te knip – om vandag te glo dat daar nie ‘n pandemie is nie is soos […]
contermanskloof
– daar by die vier rigting stop links is die wynplase met heerlike wyn regs gaan dit na die hospitale met hul pyn regoor kom alles in oorvloed en gemeng soos die groente in jou mandjie as jy sop wil gaan kook – ©Teãrlach
Gedwonge Verhuising
Dis vroeg, baie vroeg oggend. My slaap benewelde verstand begin stadig verander, tussen slaap en registreer. My sintuie verskuif ook van droomland na hede. Stadig. Ek raak bewus van die reuke om my, die klanke. Dit ruik en klink so bekend, maar waar? Deur die slaap newels delf ek diep, onthou, die spring soos ’n […]
Waar Liefde Eindig – Hoofstuk 26 – Die Einde
Hoofstuk 26 – Van hier tot in die Hiernamaals ʼn Week later wanneer hulle vier rustig na middagete in die sitkamer sit, weet Zuluika, sy en Mauritz kan hulle troudatum vandag bepaal, al die twyfel is weg. Sy weet sy wil Mauritz ook nie meer elke aand sien wegstap van haar af nie, want sy […]
Waar Liefde Eindig – Hoofstuk 25
Hoofstuk 25 – Die Som van Liefde Die wag op die lughawe met haar hand in die van Mauritz, en Cordier wat op sy skoot sit, is vandag gestroop van enige vrees, net gevul met ʼn wonderlike vooruitsig om haar moeder te sien, haar warm liefde teen haar te voel, en in daardie pragtige oë […]
Die vere maak nie die voël
Die vere maak nie die voël Pa was ʼn pastoor, ek ʼn middelkind en die enigste dogter. Pa het ʼn huisstem gehad maar wanneer hy Sondae op die preekstoel klim sou hy die Huilige Geus aanroep en elke sin met ʼn uitroepteken eindig. Sy hel en bliksemstraal preke het elke hoekie van die kerkgebou gevul […]
Waar Liefde Eindig – Hoofstuk 24
Hoofstuk 24 – Die Laaste Vergifnis Mauritz staan vasgenael agter die kantgordyn, ‘daar is lig in haar huis’, en hy bid hardop, ‘Here laat dit sy wees asseblief’, hy hardloop die berghang af, en wanneer hy die stoeptrappe opspring voel hy haar teenwoordigheid aan. Hy draai om, kyk na die opening tussen die bome, en […]
Waar Liefde Eindig – Hoofstuk 23
Hoofstuk 23 – Die gevoel van ‘Behoort’ Die pad na die seders begin wanneer sy en Cordier op John F. Kennedy Internasionale Lughawe deurstap vir hulle aansluitingsvlug na die Rogue Valley International-Medford Lughawe, wat naby die Rehabilitasie Sentrum geleë is. Geen kommer meer oor haarself of Cordier met die ingaan in enige land nie, sy […]