GEKRAAKTE MODDER PLASSE
Gedagtes lê verdroog in die gekraakte modder plasse van menswees woordeboeke omhels in die terugkyk van die son se wegdraf oor die Kalahari se oop vlaktes na sy slaapplek op die horison Ek vou jou laaste afskeidsbrief onder kerslig oop woel nog ‘n gloei stomp tot vlam in die gekraakte kaggel en verdwaal in die […]
BOME LANGS DIE RYLAAN
Hulle staan soos bliksoldate in ‘n ry en wag en wag twee rye Akasiabome langs die rylaan by die ou begraafplaas waar daagliks nederig hulle takke in die koue windjie wieg. Telkemale deur die loop van jare verdor die sand in die uurglas van die lewe en bult hul wortels spore onder die ou teerblad […]
Een se dood
Met jou horisontaal glad, pienkstreeplyf wydsper gapende bek beur jy onverpoosd voort skubbe lank reeds vodde soos jy swem vir ‘n plek Stroom-op bly spartel met jou einde in sig waar water nie meer kartel jy wyfie-eiers moet bevrug witpens nou hemelwaarts dis water onder die brug Maar op die oewer oorkant – kreun meneer […]
‘n Donkerrooi steen
Gisteraand het die maan ontplof dit was ’n helder slag soos die flits van ’n kamera in die nag … al wat nou oor is van die maan – ’n donkerrooi steen wat gebroke in die donker lug hang – Die slag se krag was so sterk dit het tot op die aarde gestrek en […]
ALLETTA BOONZAAIER HFSTK 8
Vir twee maande gaan die lewe maar sy gewone gang. Bedags op kantoor en naweke kuier ek, ma Aletta, en Cindy maar so oor en weer by mekaar. In hierdie twee maande groei die band tussen ek en Cindy al stewiger maar van n vryery is daar geen sprake nie, dit bly maar by soms […]
ALLETTA BOONZAAIER HFSTK 7
Ek dink ek het te seer gehad om op te let waarheen is Cindy werklik met my oppad en toe ek weer sien stop sy voor ma Aletta se huis. Sy wip uit die Land-Rover uit en hardloop om na die linkerkant toe om my uit te help. Ek probeer nog maar dit is te […]
Minnelied in die berg
In ’n koel-lawend bergpoel hoog teen die berg se hang rangskik ek goue liefdeskrale in lowergroen mos vasgevang groot-oog waterskilpad loer uit verweerde skuit as palmtak se minnelied ons na vêr droom verskiet Meganies retireer deur magies-waterval sproeireën waar hand, hart, honger lippe mekaar vleg-strengelvind skoenlapper in Skepperkleure meesterlik uniek gekwas fladder-vlieg, flikflooi speels met […]
Vergane gisters
papierdun skyfie van die maan gooi seën ruim in bakhand uit oor enkeling en ook vreemdeling wat verlangend na Bowe staar met gedagtes oor wat môre weer padlangs sal baar waar die strepiesmaan dan skaam met ‘n rooi gesig deur traan-swangerwolke loer trek naglug met geraamtevingers nuwe atlase oor onbekende môres ‘wyl die skadu’s langasem […]
Die rooimaan droom.
… en dit was so duidelik soos daglig (al was dit in die aand) dat die seer wat ek gedink het gaan my breek het my toe skaars geraak. Jou houe en woorde en vloek op vloek op vloek het nie die eerste laag van my bestaan deurgedring nie. … en met ’n glimlag om […]
DIE REëN
Die reën kom leen my van sy trane en maak sy keel skoon met gorrel drafstappies in die dak se afloop pype aarde toe. Die rankgras stuur hul advokate voor die waters uit om regte vir sluishekke te betaal na waar die gietyster stoele onder Jakaranda bome staan. Die roosbome ontdooi hul mooiste een week […]