Wees ‘n oop boek (Silwer) (398 woorde)
Matteus 10:26 “ . . . Daar is niks bedek wat nie openbaar gemaak sal word nie, en niks geheim wat nie bekend sal word nie.” Hierdie skrif maan ons om opreg en deursigtig te leef, om daagliks só op te tree dat ons nie môre spyt sal wees oor dit wat ons vandag doen […]
My erfenis
“Familie is soos takke aan ‘n boom, almal groei in verskillende rigtings, maar ons wortels bly as een.” Hierdie gepaste gesegde het my oog gevang toe ek op oom Google se inligtingsplasie gaan rondkuier. Daar word nie verniet gesê: “Jy kan jou vriende kies, maar nie jou familie nie.” Ons dna lê vasgewortel in erfgrond, […]
Taalstryd (Silwer)
Ag my waardig om saam die gevegsfront te betree luid standpunt in te neem bewapen met helder denk en vlymskerp benadering; om onkruidakkers om te spit met fyn ingestelde visier weer ontvanklik te maak vir kwaliteit saad – sodat ek in waagmoed gedagtes sal ontkiem tot suiwer spreektaal vir my nageslag. Ag my waardig om […]
Huis van swastikas
Hier brand dit rooi spervuur koelrond woorde deur ‘n hart soldaat van haat, soldaat van haat mantels van verraad legion propagandeer jy, jy huis van haat geloof soos ‘n SS soldaat waar verlorenes hulself van die wêreld distansieer en benyding van kleur arriveer rooi wit en swart swastikas teen ‘n muur stormtroepe van hul eie […]
Is iets beter as niks?
“Die hoender!” “Issie dissie eier!” hoor ek hoe die kinders buite stry. Dis die eeue oue argument wat volgens my net een antwoord het. Die hoender, want God het die diere gemaak, daarna het die hoender eiers gelê. Dit laat my dink aan die bekende Afrikaanse gesegde: “n Halwe eier is beter as n leë […]
balle en riete
– vrolike frederik is glad nie lelik sy hart so teer so is hy geleer – sanna het alles van blos tot kes bulte waar dit hoort duike van haar soort – pietie en hannie wat nie sê kannie albei blosend mooi rose bloeisel rooi – sanna het frederik met liefde verstik verdrink verdriet met […]
Skryf
Reeds uit die wiegie van my kleintyd gooi ek wonderwoorde wyd my paaie dwaal verby seerkry se afsnypunt tot in ‘n leë siel se desperate smagting waarin ek met vreugde die *voertaal van my erfmaking met kwatryn en rymwoorde tot volheid laat blom. *Bronteks: met apologie aan © Ink Moderator
dodder
– lieplapper boskapper saag gulsig aan die mooi hout laat die jonger stamme staan om vermorsel te word deur swaar vallende stamme – so loop die lewe van ‘n man sonder plan gee nie om oor en op hoeveel ander hy trap om bo te kom verwoeste lewes lê agter – hierdie lewensvorm versmoor alles […]
Bettysbaai (SILWER)
Bettysbaai Bokant Bettysbaai troon Kogelberg teen die son. Fynbos wat daar fraai tussen witklipkronkels blom. Die skerp geur van geluk kelk koninklik om jou oop. Jou hart sal oral waar jy loop daarvan pluk. Stukkies afbreek en stewig in jou siel se speldekussing vassteek. Al het droogte ontwrig skamperlag die heide daar. Skit’rend silwer sonlig […]